Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Hoërskool Schoonspruit se Landsdiens het ‘n projek begin om minderbevoorregte tienermeisies van hulp te wees. Dit vorm deel van die skool se 70ste bestaansjaarvieringe. Die Landsdieners se Handsakprojek is gemik op meisies tussen 13 en twintig jaar oud. Hulle wil handsakke uitdeel aan die meisies wat gevul is met basiese toiletware en ‘n geskenk.
Hulle vra Klerksdorpers se hulp en versoek tweedehandse handsakke gevul met enige van die volgende: reukweerder, deodorant, sanitêre doekies, sjampoe, kouse, stortgel, tandepasta en - borsel, lyfroom, lyfsproei, haarborsel en ‘n klein nie-bederfbare of nie-eetbare geskenk.
Enige skenkings van dié produkte is ook welkom.
Skakel Anelle by 081 836 6648 wanneer jou sak gereed is om reëlings te maak vir aflewering.