Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Nataniël tree volgende week in die stad op. Sy vertonings is altyd groter, meer kontroversieel, en opspraakwekkend as die vorige een. 
Vervelig en alledaags is nie in sy repertoire nie. KHS bied sy vertoning op Woensdag 28 Augustus in die Oase Ouditorium aan. Hy sal die verhoog deel met Charl du Plessis. Wie is Nataniël? Hy is ‘n sanger, liedjieskrywer, impresario, satirikus, dramaturg en skrywer. Hy het ’n kultusgevolg en sy vertonings is feitlik altyd totaal uitverkoop. 

Hy bied ongeveer twee totaal nuwe vertonings elke jaar aan, waarvoor hy heeltemal nuwe musiek en monoloë skryf en splinternuwe uitrustings laat maak. 

By geleentheid tree hy ook in die Royal Albert Hall in Londen op. 

Twee van sy operas en verskeie ander komposisies van hom word deur die Stellenbosch Konservatorium opgevoer en opgeneem. Aanvanklik is hy ’n kabaretkunstenaar, maar hy brei algaande sy repertoire uit om soul, blues en selfs die klassieke en jazz in te sluit. In 2010 word hy by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees as beste manlike kunstenaar benoem vir sy vertoning “Nataniël - Die een konsert”.

Benewens sy eie solo-opvoerings skryf hy ook dramas en opvoerings vir ander. 

Hy behartig die rubriek “Kaalkop in Sarie”, maak verskeie optredes op televisieprogramme, bied ’n kookkursus aan en loods sy eie klerereeks. Vir KykNET bied hy die kosprogram “Die Nataniël Tafel” aan. 

Sy naam word ook toenemend aan kinderwelsyn gekoppel en hy word aangewys as ambassadeur vir Kindersorg in Suid-Afrika. 

Hy stig ook sy eie liefdadigheidsorganisasie, die Nataniël Progress Project. 

Die vertoning sal om 19:00 begin en die kaartjies kos R300 elk. Kaartjies is beskikbaar op www.seatme.co.za en by VLR-lede. 

Meer inligting van 018 462 8423.