Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Ricus Nel tree op 14 September in die Portugese Saal op en die mense sal kan dans dat die biesies bewe. Ricus se talent en passie vir musiek het oor die afgelope paar jaar van hom ‘n huishoudelike naam in Suid-Afrikaanse musiek gemaak. Vingers wat ewe flink met ‘n pen as met ’n hele rits musikale instrumente kan toor en sy growwe country-rock stem het Ricus Nel in 22 jaar in die bedryf diep in Suid-Afrikaners se harte geklim.

Met meer as 150 miljoen strome op alle digitale platvorms en volksbesit treffers soos Boerepompie, Ploeg Jy, Bokkies jag en natuurlik Hardekole wat op meer as 20 miljoen kyke staan op Youtube, die mees gekykste Afrikaanse musiekvideo van alle tye, staan Ricus vir geen uitdaging terug as dit kom by musiek nie.

Wikus Botma en Renaldo sal ook optree. Artistique Productions bied die vertoning aan en die kaartjies is by C-Thru Glass and Aluminium te koop.

Die kaartjies kos R80 vir hoërskoolleerlinge en volwassenes, R50 vir laerskoolleerlinge en 
kinders jonger as ses jaar oud kan gratis saam met hul ouers bywoon. Meer inligting van 083 716 5495.