Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Teen druktyd op Maandag 13 November was Charlene Lewis en haar 18-jarige stiefseun, Justice, amptelik steeds vermis. 
Die twee het vroegoggend op Vrydag 11 November van hul huis naby Brakspruit in ‘n Toyota Land Cruiser met die registrasienommer 4x4 GIRL NW vertrek. Daar is glo kringtelevisievideo wat toon dat hulle in ‘n goeie bui was en nie onder vreemde omstandighede die erf verlaat het nie. Dit is nie seker waarheen hulle is en niemand van die familie weet waar hulle hul bevind nie. 

Die familie het hulle as vermis aangemeld en sedert Maandagoggend 13 November word hul foto’s op sosiale media gedeel vir inligting oor waar hulle hul kan bevind.

Charlene is 33 jaar en 18 maande oud, slank met blonde hare en Justice is 18 jaar oud, met bruin-rooi hare. Albei is sowat 1,7 m lank.

Die polisie vermoed op die stadium nie vuilspel nie. Skakel die polisie by 060 972 7370 indien jy weet waar hulle hul bevind.