Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Talle brande het die afgelope tyd verwoesting gesaai in die noorde van die land. Die omgewing rondom Klerksdorp het ook nie vrygespring nie. Dít het die AfriForum-tak in Klerksdorp genoop om sy Songloed-buurtwag met ’n mobiele brandbestrydingseenheid toe te rus sodat dié buurtwag pro-aktief kan optree sou daar ’n brand uitbreek. 

Hierdie mobiele brandbestrydingseenheid is toegerus met noodsaaklike brandbestrydingsgereedskap en sal veral waardevol wees wanneer daar vinnig reageer moet word in ’n noodgeval - veral met veldbrande wat naby woongebiede uitbreek.  

Die volgende stap is om opleiding aan te bied wat die buurtwag sal toerus met kennis van noodsaaklike tegnieke en veiligheidsprosesse tydens ’n brand. Die buurtwag sal ook saam met die plaaslike brandweer werk om sodoende ’n goeie reaksiestelsel in plek te kry.  

“Ons is baie opgewonde oor die nuutste toevoeging tot ons plaaslike veiligheidstruktuur en glo van harte dat die gemeenskap daarby sal baat,” sê Theo Gresse, voorsitter van die AfriForum-tak in Klerksdorp.

“Dit is ’n uitstekende inisiatief van die Klerksdorp-tak, wat vir die hele gemeenskap tot groot voordeel sal strek,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier. 

Inwoners wat wil deel word van ’n AfriForum-buurtwag kan vir Gresse skakel by 083 232 3405.