Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die aap is uit die mou en die kat is uit die sak. Klerksdorp se jaarlikse boekefees spog met ‘n nuwe baadjie. Na drie uiters suksesvolle boekfeeste wat sedert 2020 by Shack to Sanctuary aangebied is, skuif die boekefees vanjaar na ‘n nuwe bestemming, want die fees bars uit sy nate. Verdant Kwekery in Ianstraat is ‘n gewilde bymekaar-kom-plek met genoeg plek om te kuier, luister, lees, eet en drink. Die Klerksdorp Boekefees word op 3 en 4 November gehou. Vanjaar kuier skrywers soos Marita van der Vyver, Dana Snyman, Madelein Rust en Leon van Nierop saam om oor hul jongste topverkopers te gesels. Buiten vir al die stories en gesels, kan besoekers uitsien na ‘n heerlike dag onder die koeltebome by Verdant met kosstalletjies, ‘n kontantkroeg, en ‘n wynlandgoed of twee se stalletjies.

Die beste van alles is dat toegang tot die boekefees gratis is, behalwe vir die ete Vrydagaand waar Dana Snyman sy nuwe boek Die Binneland In bekendstel. Slegs 60 kaartjies is beskikbaar en moet vooraf bespreek en betaal word. Die Saterdag het ‘n vol program wat tot 17:00 sal duur waarna ‘n aandmark met ligte musiek die boekefees sal afsluit. Hou die pers dop vir meer info. Dana Snyman se nuwe bundel kortverhalde, Die Binneland In, word by die Klerksdorpse Boekefees bekendgestel.