Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die VF Plus is bekommerd oor die massiewe opeenhoping van onopgeëiste lyke in staatslykshuise regdeur die land wat groot druk op die bestaande geriewe plaas. Hierdie opeenhoping staan tans op 3 186 in die sowat 130 staatslykshuise landwyd. KwaZulu-Natal met 1 527 en die Oos-Kaap met 526 blyk die grootste probleemgebiede te wees.

Die hoofoorsake hiervoor is gebrekkige identifikasie en naasbestaandes wat bloot nie die oorskot opeis nie. Onwettige immigrante wat nie geïdentifiseer kan word nie, dra by tot die probleem.

Ander faktore is die agterstand en vertraging in die vervoer en ontleding van DNS-monsters, swak kwaliteit vingerafdrukke, uitstaande ondersoeke, korrupsie waar naasbestaandes moet betaal om gestorwenes te kry, uitstaande toksikologiese verslae, die vertraging in begrafnisse en verassings weens ʼn tekort aan grafspasie, begrotingstekorte en krematoriums wat nie voldoende funksioneer nie. 

Philip van Staden, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder: Gesondheid raai aan dat ‘n kerntaakspan op die been gebring word tussen die regering en rolspelers in dié bedryf om die probleme daadwerklik te behandel.

“Dit is reeds ʼn krisis en kan nie gelaat word om te vererger nie. Die bevolking groei snel, misdaad neem toe en die vermoë by hierdie instellings raak toenemend ontoereikend. Dit wil tans voorkom of gesprekke en samewerking tussen die regering en die betrokke rolspelers nog nie ʼn oplossing kon vind nie.”

Van die oplossings wat die VF Plus voorstel, is die implementering van ʼn digitale vingerafdrukstelsel wat kan help met die identifisering van oorledenes wat by staatslykshuise opdaag.

Samewerking moet formeel geskied tussen die nasionale regering, rolspelers in die begrafnisbedryf, die departemente van samewerkende regering en tradisionele sake, binnelandse sake en gesondheid, die polisie, die nasionale gesondheidslaboratoriumdiens asook provinsiale en plaaslike regerings. Volgens Van Staden lê die probleem eintlik by krematoriums en onvoldoende grafspasie.

“Die opleiding van forensiese beamptes is ook noodsaaklik en die regering van nasionale eenheid (RNE) sal bestaande wetgewing in hierdie verband moet aanpas. Bestaande staatslykshuise en krematoriums moet dringend opgegradeer word en nuwes moet gebou word. Meer grafspasie sal beskikbaar gestel moet word en daar sal op nasionale vlak gehelp moet word met begrotingstekorte vir die instellings.”