Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Daar is soveel talent in Klerksdorp en dit is waarom die organiseerder van die Pick n Pay stalletjiemark die maand ‘n Klerksdorp-Het-Talent-kompetisie aanbied. Dit sal op 26 Oktober in die parkeerruimte by die hipermark plaasvind. Hulle nooi almal wat mooi kan sing of enige musiekinstrument kan speel of ‘n spesiale talent in dans of enigiets besonders het, om hul talent te kom deel. Inskrywings kos slegs R50.

Nog ‘n nuutjie by die mark, is ‘n uitstalgeleentheid vir Laerskool entrepreneurs. Twintig stalletjies sal afgestaan word aan die jongklomp wat dalk ekstra vakansie sakgeld wil verdien. ‘n Kontantprys vir die mooiste stalletjie is op die spel. Stalletjies kos slegs R50 vir die jong entrepreneurs.

Daar sal nog genoeg staanplek beskikbaar wees vir die gereelde maandelikse uitstallers.

Skakel Tinus by 083 294 8077 vir navrae, inskrywings en stalletjiebesprekings.