Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Orkney - Die Orkney Snork Nie Oewerfees is om die draai en kaartjies raak al hoe skaarser. Die fees vind op 13 Julie plaas en dit beloof ‘n dag vol pret en plesier. Die fees vind by die Visarend Karavaanpark langs die Vaalrivier plaas en die organiseerders beloof ‘n familiefees met gees!

Daar word beplan on ‘n markiestent op te slaan en die stalletjies, vermaak en biertuin sal binne-in plaasvind. Bring warm klere saam, want dit is in die middel van die winter.

Die kunstenaars bied iets vir almal se smaak met Irene Louise van Wyk, Fatman, Prop, Byron Minnie, Victor Bothma en Dirk van der Westhuizen wat sal optree.

Die hekke sal om 10:00 open en die program sal om 12:00 begin met Victor Bothma. Fatman sal die program afsluit wanneer hy om 20:30 optree. Tannie Matie sal die seremoniemeester vir die dag wees. 

Die kaartjies is te koop teen R350 elk vir die hele dag se vermaak. Kinders o/12 betaal R100. Geen eie koelbokse word toegelaat nie.

BBP-kaartjies is te koop teen R500 elk oftewel R5 000 per tafel vir tien mense. Dit sluit ‘n vingerete en die eerste drankie vir die dag in. Tafels sal ook naby die verhoog wees.
Skakel Adrie by 072 900 5952 om jou kaartjies te koop en tafel te bespreek.