Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Daar was nie plek vir ‘n muis by NG Welsyn se damestee wat elke jaar in Augustus ter ere van vrouemaand gehou word nie. Dit is op Saterdag 16 Augustus by C’est la Belle gehou. Die sangeres, Liezel Pieters het die wintersoggend behoorlik opgewarm met haar goue stem en aan die einde van die vertoning het die dames se voete gejeuk toe sy afsluit met treffers uit die tagtigerjare.

Voor haar optrede, het gaste geluister na Melanie le Roux wat oor haar pad met NG Welsyn as pleegma gesels het en die suksesvolle aanneming van haar twee woelwaters. Gaste het gesmul aan die heerlike peuselhappies voorgesit deur Abri Coetzee en sy span. Almal was dit eens dat dit weer ‘n uithalerfunksie was.