Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Klerksdorp Tehuis vir Bejaardes se jaarlikse basaar was weereens ‘n uitverkoop sukses. Die basaar word elke jaar in Julie gehou as ‘n fondsinsameling en besoekers stroom na die basaar vir heerlike tuisgebak, ingelegde produkte en handwerk. Elke jaar ondersteun die skole ook die gebeurtenis met kunswerk, musiek en gedigte en vanjaar het Laerskool Saamtrek se jongspan Afrikaanse idiome uitgebeeld. 

Hoërskoolleerlinge het aan ‘n selfoon-fotografiekompetisie deelgeneem en Klerksdorp Rekord se redakteur, Salomé Kotzé het die wenners aangekondig.

Read more …Basaar ’n wegholsukses

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - NG Welsyn se jaarlikse Vrouedag oggendtee lê voor die deur en gasvroue is druk besig om kaartjies vir die geselligheid te verkoop. Die tee vind plaas op 16 Augustus, 9:00 vir 9:30 by C’est La Belle in Vleistraat. Kaartjies is R280 per persoon wat ’n heerlike ligte ete insluit. Dit sal ook die eerste keer wees wat Liezel Pieters in Klerksdorp optree. Sy is een van die grootste stemme in Afrikaans en opgewonde oor haar optrede by die oggendtee. In Mei 2024 het sy die enkelsnit “Sterre” vrygestel. Sy het ook saamgewerk met Juanita du Plessis en JAN JAN JAN aan die Suid-Afrikaanse weergawe van “Africa,” wat in 2024 uitgereik is. Die uitreiking van haar debuutalbum, Sing Uit My Hart Uit, in 2017, staan vir haar uit as een van haar hoogtepunte en treffers soos Asemloos en Miljoene Druppels is op dié album ingesluit.

Read more …Bekende sangeres by oggendtee

Klerksdorp Midweek, Hartbeesfontein - ‘n Unieke orreluitvoering deur die bekroonde orrelis, Winand Grundling, vind eerskomende naweek plaas by die NG kerk op die dorp. Die uitvoering op Hartbeesfontein op Sondag 3 Augustus beloof om nie net ‘n musikale hoogtepunt te wees nie, maar ook ‘n viering van die pyporrel as kosbare kultuurerfenis. In samewerking hiermee sal die bekende orrelbouer, Werner Hurter, ‘n kort praatjie lewer oor die bewaring van pyporrels as erfenisstukke.
Read more …Viering van pyporrel-erfenis op Hartbeesfontein

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - A vibrant trial run took place at Matlosana Mall, setting the pace for the upcoming TRACTOR Awareness Rally, an inspiring campaign by NWU aimed at raising awareness around dementia and Alzheimer’s in South Africa. The TRACTOR campaign (Together Rallying Across Communities to Overcome Remembrance-loss) is a collaborative initiative driven by NWU’s Faculty of Health Sciences, Engineering Compliance, and the Department of Sustainability and Community Impact, in partnership with corporate and community stakeholders.

Read more …Tractor test for dementia awareness

More Articles …