Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Rocco de Villiers het op Dinsdag 13 Januarie in Klerksdorp opgetree op uitnodiging van die Laerskole Hoofdeforum. Hy is bekend as ‘n flambojante pianis en komediant asook ‘n skemerkelkiekenner. Jaco Zewenster, hoof van Laerskool Goudkop wat hier langs die kleurvolle kunstenaar sit, het die optrede gereël. Dit het by Nuwe Lewe plaasgevind en volgens Jaco het die onderwysers - van alle laerskole in die omgewing asook KHS en Hoërskool Schoonspruit - dit terdeë geniet. “Dié ou het baie snaakse stories. Die mense het begin lag net as hy begin praat,” vertel Jaco. “Dit was ’n samekoms van omliggende skole se personeellede, waartydens hulle die geleentheid gehad het om die begin van ’n nuwe hoofstuk te vier. Die gees van samehorigheid en vreugde was duidelik sigbaar en almal het dit terdeë geniet.”

Foto: Facebook.