Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Thinus Maritz (19) van Klerksdorp is in die span ingesluit om SA binnekort by die Gravel World Championships oftewel Wêreld grondpadfietsrybyeenkoms, in België te verteenwoordig.
Die byeenkoms vind 5 en 6 Oktober plaas. Sy droom om aan die kompetisie deel te neem is amper verpletter toe hy in die kwalifiserende byeenkoms geval het. “Ek is nogtans ingesluit in die span en dit is soos ‘n droom wat waar geword het,” sê hy. Thinus word tuis onderrig en is in matriek. Die koste om aan die kompetisie deel te neem is egter bo sy vuurmaakplek.

“My passie vir fietsry kom van kleins af. Ek het in die XCM NW skolereeks uitgeblink met drie eerste plekke. Toe ontdek ek my liefde vir grondpadry. Nou kort ek net die geld om kan gaan deelneem.” 

Volgens hom is daar geen finansiële hulp van SA Fietsry nie en moet hy alles self betaal. Net sy fiets wat hy moet kry om te kan deelneem, kos sowat R20 000. Hy het verlede week gehoor hy is deel van die span. Hy hoop om met skarebefondsing die geld in te samel om hom by die kampioenskap te kry. Gaan na https://www.backabuddy.co.za/campaign/getting-thinus-maritz-to-the-world-gravel-championship-in-flanders-belgium-2024 om by te dra.

Of skakel hom by 076 742 3570. “Ek sal enige bydrae waardeer, want ek wil so graag deelneem. Dit is my droom.”