Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

BRITS POS – BRITS – Die krieketseisoen bring groot opwinding vir die spelers van Brits Krieketklub, aangesien die 1ste XI ‘n indrukwekkende vertoning in die Titans Promosie Liga gelewer het, terwyl die PSG Brits Veterans dapper geveg het in hul jongste T20-liga-wedstryd.
Brits 1ste XI skitter met ‘n rekord-oorwinning teen Weermag 1ste XI met 240 lopies op hul tuisvelde. Deur eerste te kolf, het Brits 287/9 in 45 boulbeurte aangeteken. Die beurt is aangedryf deur Tristan Ebersohn se opwindende 80 van 60 balle, insluitende vyf groot sesse, asook Albertus Roodt se vinnige 51 van 49 balle. Marco Viviers en Dewald Puth het ook ‘n waardevolle 40 lopies en 31 lopies onderskeidelik bygedra. Weermag se jaagtog is deur Brits se gedissiplineerde boulaanval verydel, met Kagiso Mmolotsi wat ‘n loopbaan-beste vertoning gelewer het.

Read more …Krieketspelers kap dit uit

BRITS POS – MOOINOOI – Ons eie Shaun Williams (26) sprei sy vlerke einde Februarie Japan toe waar die Akita Northern Bullets hom ‘n tweejaarkontrak aangebied het. Hy sal dan in Maart by die Japanse-klub aansluit. 
Toe Brits Pos vir Shaun gevra het hoekom hy besluit het om Japan toe te gaan het hy sonder aarseling gesê: “Bo en behalwe die 15-man rugby wat ek weer gaan speel, sien ek daarna uit om die nuwe kultuur aan te leer en my horisonne te verbreed, maar my doel is om ‘n positiewe bydrae tot die sukses van die span te lewer.”

Read more …Blitsbok Shaun Williams op pad na Japan

BRITS POS – BRITS – Dubai Academy, ‘n internasionale krieket-toerspan het in Desember verskeie wedstryde in Suid-Afrika kom speel, en op 13 Desember, Brits Krieketklub gekies om hul wedstryde teen Hoërskool Zwartkop te speel.
Volgens die bestuur van Brits Krieketklub, was dit vir hulle ‘n besonderse voorreg om as gasheer vir dié wedstryde op te kon tree. 

Read more …BRITS KRIEKETKLUB - Gasheer vir internasionale toerspan

BRITS POS – KAAPSTAD – Die vreugdevure van die Blitsbok-kamp het Sondagaand hoog gebrand met ‘n oortuigende oorwinning van 26 – 14 teen Frankryk in die bekereindstryd van die Kaapstad-sewestoernooi.
Dit was die Blitsbokke se eerste Moederstad-bekertriomf sedert 2015 en beslis ‘n welverdiende oorwinning
Plaaslike rugbyliefhebbers was daar om die Blitsbokke aan te moedig, maar die Franse het gewys dat ons manne nie die oorwinning op ‘n skinkbord gaan kry nie.

Read more …Blitsbok-vreugde in Kaapstad

More Articles …