BRITS POS – BRITS – “Om fiets te ry is my beter-voel-pil,” sê Kris van Straaten (45), ‘n passievolle fietsryer wat so pas as die Suid-Afrikaanse padfiets-kampioen gekroon is.
Tydens dié kampioenskappe, wat in Suikerbosrand Natuurreservaat in Gauteng plaasgevind het, het Kris die Noordwesprovinsie verteenwoordig. Hy het in die afdeling vir veterane (40 tot 45 jaar) teen meer as 80 van die land se beste padfietsryers meegeding.
Gimnaste skop jaar met mening af
BRITS POS – BRITS – Ná ‘n lang vakansie het die gimnaste van Illusions Gimnastiekklub in Brits, onlangs ‘n op-en-wakker gimnastiek-vertoning gelewer.
Volgens die hoofafrigter, Madré Zondagh, was die doel van die vertoning om gimnaste in aksie te kry vir die propvol program wat die jaar voorlê.
“My gimnaste is gemotiveer om, soos verlede jaar, weer groot hoogtes te bereik,”sê Madré.
Sandties hou huissport
BRITS POS-SANDDRIFT- Huissport atletiek is vir die atlete van Laerskool Sanddrift ‘n hoogtepunt en Vrydag, 19 Januarie was die gees aanvoelbaar en die energie aansteeklik, want elke leerder neem deel en gee hulle beste.
Brits ondersteun Dricus
Honderde mense het Sondagoggend 04:30 by die Jagkamp Restaurant en Kroeg in die Stokkiesdraai Sentrum, Brits, saamgekom om Dricus du Plessis in sy geveg teen Sean Strickland in Toronto, Kanada te kom ondersteun. Sommige ywerige ondersteuners het sommer deurnag voor die Jagkamp vir die groot geveg gewag.
Dansers ontvang trofeë
BRITS POS – BRITS – Na ‘n jaar se harde werk op die dansvloer, is Danstique Sosiale Dansskool se dansers vir hul puik uitslae van 95% - 100% elkeen met ‘n trofee vereer. Die dansers ontvang afrigting by Barbara Scholtz en haar mede-instrukteurs, Joycey Greeff, Jean-Claud Naudé, Ivan Opperman en Kobus Scholtz.