Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

BRITS POS – BRITS – Manie Maritz bied jaarliks ‘n gholfdag aan vir sy kliënte en so was Jerry Bouwer van Hartbeespoort Medical Service (HEMS) ook deel van die kompetisie.
Verlede jaar het almal weer so gemaak en toe kom die uitdaging – Bouwer het vir Maritz gesê dat sy gholfdag ‘n kompetisie tussen hulle moet wees en Woensdag, 27 November het hulle mekaar, besigheidseienaars en kliënte genadeloos gepak by Magaliespark-gholfbaan.

Read more …Nuwe “Rival Cup”-gholfuitdaging maak sy buiging

BRITS POS – BRITS – Die krieketspanne van Brits het die afgelope naweek ‘n rits aanskoulike wedstryde gespeel, wat met oorgawe deur ondersteuners toegejuig is.
Brits 1ste XI vs Soshanguve 1ste XI: Saterdag 16 November op Brits Oval
Brits 1ste XI het pure oorheersing getoon in hul wedstryd teen Soshanguve 1st XI, en het omvattend met 10 paaltjies gewen. Die hoogtepunt van die wedstryd was die skitterende boulvertoning deur Wynand de Bruyn, wat ses paaltjies vir slegs 20 lopies in sy ses boulbeurte ingepalm het. Sy presisie het Soshanguve se kolflys afgetakel en hulle tot ‘n skamele 61 lopies beperk.

Read more …BRITS KRIEKETKLUB Puik krieket word gespeel

BRITS POS – BRITS – Die dansers van Dance@Work-dansskool in Brits het tydens die Stage Quest danskompetisie, wat van 28 Oktober tot 6 November in Centurion gehou is, puik vertonings in die style Lyrical, Modern, Acrobatics en Hip Hop gelewer en uitnemende prestasies verwerf.
Die dansers, wat almal by die International Dance Federation geregistreer is, het gedurende Junie en Julie die gereguleerde eskamens suksesvol afgelê en gekwalifiseer om aan die Stage Quest danskompetisie deel te neem.

Read more …Dansers lewer puik vertonings

BRITS POS – BRITS – Die afgelope Saterdag en Sondag, 2 en 3 November, het die krieketespanne van Brits Krieketklub uitstaande vertonings in hul onderskeie wedstryde gelewer, met noemenswaardige individuele bydraes wat gelei het tot beduidende oorwinnings in die onderskeie ligas.
Brits 1ste XI vs Hammanskraal 1ste XI
In die Titans Promosie Liga het Brits 1ste XI ‘n indrukwekkende oorwinning van 110 lopies teen Hammanskraal 1ste XI behaal in Hammanskraal op die Mandela Oval, 2 November.

Read more …Krieketspelers swaai die wilgerlat

More Articles …