BRITS POS – BRITS - Ronel Joubert, ‘n onderwyser van Hoërskool Brits, het Sondag vir die eerste keer, die uitmergelde Comrades Marathon aangepak.
Sy het die wedloop van 85,91km in ‘n tyd van 11:51;26 suksesvol voltooi en haar Vic Clapham medalje ontvang. Sondag het die op-wedloop om 05:30 by Durban se stadsaal begin en Ronel was doelgerig om die wedloop te voltooi, want soos sy sê: “as jy ‘n doelwit vir jouself stel, is dit net jy wat jouself kan terug hou om dit nié te behaal nie.”
CLASHES OF GIANTS Northam Wolves vs Rhinos
BRITS POS – BRITS - The Northam Wolves started the 2024 Rugby Season on a high note, being crowned the PVR Leopards Champions for the 2nd consecutive year.
The Castle Carlton Cup had its own challenges for the “Sleeping Giants” in the first round of the competition, whereas the club kicked off the season against their rivals, Northam Rhinos and then defending champions Naka Bulle, on both matches the Northam Wolves had to bow the knee, just realising how tough the Castle Carlton Competition is.
Karatekas gradeer met welslae
BRITS POS – BRITS – Verlede Saterdag, 25 Mei, het die karatekas van Bosveld Karate Akademie hulle tegniek en vernuf tydens die akademie se gradering tentoongestel en suksesvol gegradeer.
Na 33 jaar is Bosveld Karateka, onder leiding van Shihan Marius Ferreira (7de Dan), steeds volstoom aan die gang en karatekas van formaat word hier gevorm.
Welpie-rugbykoors loop hoog by Elies
BRITS POS – MOOINOOI - Die afgelope Saterdag het Elies (Laerskool Elandskraal) die derde Welpie-toernooi van Brits-Sirkelrugby aangebied. Hier het toekomstige Springbokke en provinsiale spelers hulle talente kom uitstal.
Die laerskole wat deelgeneem het, is: Elandskraal, Brits, GHS, De Kroon, Sanddrift, Olienpark, Sonop en Thornhill Primary. Elke spannetjie het ‘n minimum van drie wedstryde gespeel.
Die seuns het geduik, ge’rip’, gehardloop ge’pass’ en ook ge’score’.
Elies Gholfdag beloof groot opwinding
BRITS POS – BRITS – Laerskool Elandskraal se gewilde gholfdag vind Vrydag, 31 Mei vir die eerste keer by die bekende Magaliespark Gholfbaan plaas.
Met die pragtige natuurskoon aan die voet van die Magaliesberg én ‘n uitdagende baan, gaan die dag beslis ‘n geleentheid wees wat geen gholfliefhebber moet misloop nie.