GEMSBOK-UPINGTON: Die LUR vir COGHSTA en Vervoer, Veiligheid en Skakeling, in die Noord-Kaap, mnr. Bentley Vass, het verlede week altesaam 16 nuwe provinsiale verkeersinspekteurs, wie aangestel is om padverkeerswetstoepassing in die Noord-Kaap te versterk, verwelkom.
Dit het gevolg op ‘n besluit deur die provinsiale regering om ‘n totaal van 50 verkeersleerlinge in 2024 te werf.
Hierdie leerlinge is by die Matjhabeng Verkeersopleidingsakademie in Welkom, Vrystaat, ingeskryf om opgelei, gradueer en slaag- uit vir die Sertifikaat in Padverkeerswetstoepassing (NKR Vlak 4).
LUR Bentley Vass, LUR, Bentley Vass, het die verwelkomingseremonie in Kimberley toegespreek en die nuwe groep provinsiale verkeers-inspekteurs gelukgewens wat die kwalifikasie, wat ‘n totaal van twintig eenheidstandaarde behels het, suksesvol voltooi het en hulle aangemoedig om hard te werk en voorbeeldige professionele persone te wees.
LUR Vass het gesê ‘’Ons is bly om ‘n bykomende sestien (16) provinsiale verkeersinspekteurs op ons paaie te hê, om ons te help om wet en orde vir alle vorme van vervoer te handhaaf deur kwaliteit verkeerspolisiërings-dienste te verskaf, soos bepaal deur die relevante wetgewing.’’
Hy het verder aangekondig dat teen die begin van Maart 2025, na ‘n oop werwingsproses, ‘n bykomende 25 nuwe provinsiale verkeersinspekteurs deur die departement van vervoer, veiligheid en skakeling aangestel sal word om die menslike hulpbronkapasiteit van die provinsiale verkeersinspektoraat.
32 Leerlinge wat nie al hul eenheidstandaarde in 2024 kon slaag nie, sal steeds suksesvol aan die remediërende program en FISA (Finale Geïntegreerde Summatiewe Assessering) moet deelneem - sodat hulle die opleidingsprogram kan voltooi, in die eerste helfte van hierdie jaar.
LUR Vass het gesê dat waardevolle lesse uit hierdie loodsprojek geleer is en wens die leerlinge wat na die Opleidingsakademie in Welkom teruggekeer het, sterkte toe met die aanvang van die remediërende program.
Die provinsiale verkeersinspekteurs, wat deur die LUR verwelkom word, sal na altesaam 10 verkeerstasies regdeur die provinsie ontplooi word en sal op Maandag 13 Januarie 2025 met hul pligte begin.