GEMSBOK-KAKAMAS: Ernestine Sharon Michelle Daters van Green Valley Nuts was die algehele wenner in die Agri Presteerder 2024 kompetisie.
Sedert 2010 het die Oranjerivier Produsente Alliansie (ORPA) die eerste kompetisie in die Benede Oranjerivier-streek gehou. Orffer & van der Merwe Human Resource Practitioners het weer die kompetisie behartig saam met ‘n span beoordelaars. Die prysuitdeling, bygewoon deur die verskillende plase se landbouwerkers, bestuurders en eienaars, asook die hoofborge van Sanlam.
Marius Orffer het tydens die prysuitdeling gesê dat daar verlede jaar 71 inskrywings was, hierdie jaar was daar 112 inskrywings, wat 58% toename is. Hy het al die eienaars en bestuurslede van elke plaas bedank wat hierdie jaar hulle personeel genomineer en ingeskryf het.
Hy het genoem dat hierdie jaar se kompetisie van ʼn baie hoë gehalte was, dit was duidelik dat die plase regtig net hulle top werkne-mers genomineer het. Die beoordelaars het definitief hul werk uitgeknip gehad met die beoordeling.
“Wat veral vir ons merkwaardig was, is die aantal vroue nominasies. In die verlede was daar meestal net mans ingeskryf, en vrouens was hoofsaaklik slegs ingeskryf vir die administratiewe en sosiale ontwikkelings afdelings, maar hierdie jaar is die vrouens by baie meer kategorieë betrokke wat vir ons ʼn baie positief is.
“ 18% van die totale inskrywings was vrouens, en 25% was top drie kategorie pla-sings, wat vir ons wys dat die vrouens nie te-rugstaan vir die manne nie.”
Beoordelaars paneel het bestaan uit lede van Orffer & van der Merwe, Vine Acade-my and Model Farm en Elsa Jones van die Gemsbok koerant.
Hier volg die wenners in elke kategorië:
Administratiewe Personeel
1ste plek – Natascha Bester (Mosplaas Sitrus).
2de plek – Onkabetse Mess (Triple D Farms).
3de plek – Clirissa Leandra Titus (Newgro).
Algemene Werker
1ste plek – Ernestine Sharon Michelle Daters (Green Valley Nuts).
2de plek word gedeel
2de plek – Mosimanewapula German Visagie (Noudonsies).
2de plek – Wayn Paul George (Norriseep).
Besproeiingspesialis
1ste plek – Thabo Gilbert Mothudi (Kromhout).
2de plek – Peloetsile William Dimo (Noudonsies).
3de plek – Tshokolo Jacob Masilabele (Dassierant).
Junior Bestuur
1ste plek – Elratha Beukes (Oorkant).
2de plek – Kabelo Daniel Mmolaeng (Newgro).
3de plek – Kagiso Edward Makhakha (Berekisanang).
Trekkerdrywer
1ste plek – Olebogeng Meshack Thupayapheko (Newgro).
2de plek – Pako Matthews Gaborokwe (Norriseep).
3de plek – Setjhaba David Thekiso (Oorkant).
Middel Bestuur
1ste plek – Shimanyana Lazi Tladinyane (Norriseep).
2de plek – Oreeditse Patrick Keagile (Triple D Farms).
3de plek – Albertus Beukes (Sweet Sensation).
Senior Bestuur
1ste plek – Marc Anthony Quinn (Arendsnes).
2de plek – Dikgang Elias Mokoena (Triple D Farms).
3de plek – Jacobus Gideon Nel (Norriseep).
Sosiale Ontwikkeling
1ste plek - Bontle Mosa Phuti (Arendsnes).
2de plek – Keatlholetswe Lucricia Mocwane (Norriseep).
3de plek – Julia Gadihele Stuurman (Styrkraal)
Tegniese Operateur
1ste plek – Ignatius Tshepo Nte (Green Valley Nuts).
2de plek – Fideliah Amber Smit (Kromhout).
3de plek – Winile Joseph Mongale (Newgro).