Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Soos almal reeds bewus is het die NG Kerk Upington-Wes laasjaar 'n baie geslaagde Poppiedag Herdenkingsdiens gehou en beoog om die jaar nog meer mense te trek.  ALLE huidige dienende lede in enige van ons Magte en hul families asook all veterane met hul families word dus hartlik uitgenooi. 
Poppiedag word Wêreldwyd herdenk op die 11de van die 11de maand elke jaar of dan die naaste Sondag aan die 11de. Met die diens gee ons erkenning aan almal wat tydens oorlog konflik gesterf het maar betuig ons ook dankbaarheid teenoor die Vader vir hulle wat veilig kon terug keer na hul geliefdes. 

Die versoek is, waar enigsins moontlik, moet huidige dienende lede dit in uniform bywoon en alle veterane van erkende veterane organisasies in hul seremoniële drag. Beide met medaljes. Die drag is egter opsioneel, wat belangrik is, is u teenwoordigheid daar.  
Almal kom half nege die oggend aan die Noordekant van die kerk by mekaar (skougronde se kant) waarna die groep inbeweeg nadat belangstellendes reeds in kerk gebou is. 
Die gereserveerde plekke vir dienende lede en veterane sal later bekend gemaak word. 
Sien u daar, 08:30 op Sondag 10 November 2024 by die NG Kerk Upington-Wes.
Tydens die diens sal daar ‘n kranslegging gehou word, die Last Post sal gespeel word, ‘n spesiale voordrag sal gelewer word en daar sal onder meer ‘n oomblik van stilte gehandhaaf word.
Die papawerblom is die simbool van Herinneringsdag. Dié blom word geassosieer met slaap, vrede en dood.
Vir meer inligting oor die spesiale diens, kan Pieter de Kock geskakel word by 082 789 9849.