Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Gesinsman, kerkman, sportman, gemeenskapsmens en onderwyser. Só kan mens Japie Orange kortliks opsom. 
Jacobus Orange (72) is Vrydagoggend omstreeks 04h00 in die hoë-sorgeenheid van die Upington mediese sorgsentrum oorlede ná ‘n kort siekbed van vier maande. 
Hy was ‘n oud-leerder van die Hoërskool Carlton-Van Heerden waar hy in 1970 gematrikuleer het. 
Sy onderwysopleiding het hy aan die Hewatt kollege in Kaapstad voltooi. 


Die volgende jaar het hy vir die eerste keer onderwys gegee by ‘n beskeie laerskool in Groendoring. 
Sy volgende betrekking was by sy alma mater, Carlton-Van Heerden en vanaf 1985 tot 1987 was hy onnie by Oranje-Oewer Primêr. 
Die keurpunt in sy lewe as onderwyser het begin toe hy vir 27 jaar as skoolhoof van Swarthmore Primêr baanbrekerswerk verrig het deur lopende kraanwater en elektrisiteit vir sy skool te kry. 
Japie was ‘n entoesiastiese sportman wat op die gholfbaan talle trofeë verower het. Hy was ook ‘n puik krieketspeler wat goed kon kolf en boul. 
Daarom wou hy graag sy leerders op ordentlike sportvelde sien speel wat hy toe ook reg gekry het. 
Sy visie was om die moeilike omstandighede by die skool waarin sy personeel en kinders verkeer het, te verbeter. 
Daar was slegs drie klaskamers wat hy met mobiele eenhede aangevul het om die middagskofklasse uit te skakel. 
Japie was ‘n ambisieuse persoon wat vir hom doelwitte in sy werk gestel het. 
In 1994 behaal hy die BA-graad aan Unisa en drie jaar daarna       verwerf hy sy Bed Honeurs by Pukke in Noordwes. 
Hy tree uit diens ná 42 jaar in die onderwys. “Jy was so uniek met die wyse waarop jy dinge by die skool so suksesvol aangepak het en ek is vandag dankbaar vir wat jy vir ons kinders en die gemeenskap van Lese-ding beteken het”, het sy vrou Lilly gesê. Sy begrafnisdiens is Saterdagoggend om 08h00 vanuit die VG Kerk. Japie word oorleef deur sy vrou, ‘n seun, skoondogter en kleinkind en breë familie.