Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

18de SANParke Kudu-toekennings

GEMSBOK-UPINGTON:   SANParke se Ariëde Streek het tydens die jaarlikse Kudu-toekennings wat op 28 November by die gesogte Gallagher Estate in Johannesburg aangebied is, weggestap met vele toekennings.
Bewustheid van bewaringskwessies is van kardinale belang en om ons nasionale parke beter te beskerm, moet ons saamwerk om oplossings te vind vir uitdagings soos stropery, klimaatsverandering en om die publiek op te voed en in te lig. 
Die geleentheid het bewaringsswaargewigte saamgevoeg om diegene te vier wat die ekstra myl gestap het om ons land se biodiversiteit te beskerm en te bewaar.


Ariëde toekennings:
Uitstekende prestasie in die werkplek-toekenning:
1. Theoline Farmer - |Ai-|Ais/Richtersveld Oorgrenspark
2. Calvin van Wyk - Augrabieswaterval Nasionale Park
3. Eldrin Harmse - Kgalagadi Oorgrenspark
4. Eric Mienies - KgalagadiTransfrontierPark
5. Hanel Franken - Kgalagadi Oorgrenspark
6. Andries Renoster - Mokala Nasionale Park
Beste Kliëntediens-toekenning
1. Sonia van Wyk - Augrabieswaterval Nasionale Park
2. Jan Neels - Kgalagadi Oorgrenspark
Lewenslange bydrae-toekenning
1. Koos Josob - |Ai-|Ais/Richtersveld Oorgrenspark
Navorsings-, inisiatief- en innovasietoekenning
1. Pieter van Wyk - |Ai-|Ais/Richtersveld Oorgrenspark
Baie geluk aan almal wat bydra dat toeriste in die Noord-Kaap net die beste ondervinding kry wanneer hulle parke in die ariëde streek besoek.