Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-KURUMAN: Die Segonyana Mall sal in November 2025 in Kuruman, Noord-Kaap, oopmaak.
Die nuwe winkelsentrum word deur die Moolmam-groep ontwikkel en gaan ‘n veilige inkopie-ervaring na die hartjie van die bedrywige Kuruman bring.
Die winkelsentrum het amptelik op Maandag, 2 Desember grond gebreek, wat die aanvang van konstruksie merk.
 Hierdie mylpaal volg op jare se beplanning en veelvuldige vertra-gings, wat die begin van ‘n opwindende nuwe hoofstuk vir die gemeenskap aandui.
“Die nuwe winkelsentrum sal in die groeiende behoeftes van inwoners voorsien met ‘n opwindende mengsel van diverse kleinhandelaars. Benewens die ankerhuurders Shoprite en Boxer, kan kopers uitsien na grootname handelsmerke soos Sheet Street, Home Choice, Total Sports en Sportscene,” het die Moolman Group gesê.
“Noodsaaklike diens-te soos Capitec Bank en Arrie Nel Apteek sal gerief vir almal verseker, terwyl gewilde modehandelsmerke soos Mr Price, Pep, Markhams en Choice Clothing styl nader aan die huis bring. Roots Butchery en Boxer Liquor is ingesluit in die reeks van 34 winkels.” 


Die perseel van 3,1 hektaar is ook gerieflik geleë op die hoek van Tseningweg en Breëstraat, wat direk oorkant die taxistaanplek is.
Die winkelsentrum strek oor ongeveer 11 000 vierkante meter se bruto verhuurbare oppervlakte en beskik oor ‘n enkelvlak-parkeerfasiliteit vir maklike toegang. Hoëvlaksekuriteit sal ‘n veilige inkopie-ervaring vir alle besoekers verseker.
Die winkelsentrum sal ook ‘n hupstoot gee, sal ook plaaslike ekonomiese groei ‘n hupstoot gee, wat broodnodige werksgeleenthede genereer tydens en na konstruksie.
“Hierdie ontwikkeling gaan nie net oor bakstene en sement nie. Dit gaan daaroor om ’n ruimte te skep wat die mense van Kuruman dien,” het Pieter Beyers van die Moolman-groep gesê.
“Die winkelsentrum is ’n belegging in die gemeenskap se toekoms en verskaf moderne infrastruktuur wat die dorp se groei komplementeer en sy posisie as ’n ekonomiese en sosiale spilpunt in die Noord-Kaap versterk.”
Segonyana Mall gaan ‘n aantrekkingskrag word vir beide nasionale handelsmerke en plaaslike besighede vanweë die ontwerp se fokus op sekuriteit en toeganklikheid.
Kuruman is in die John Taolo Gaetsewe-distriksmunisipaliteit. Dit is ook die geval vir die Gamagara plaaslike munisipaliteit, wat R23 000 aan elke inwoner bestee – verreweg die hoogste in die land. 
Stats SA het gesê dat ‘n rede waarom Gamagara die rykste is, die tuiste van Kathu is, wie se ekonomie hoofsaaklik gedryf word deur Sishen, Kumba Iron Ore se vlagskipmyn.
Kathu, wat geskoolde werkers en hoë-inkomste verdieners lok, is net 30 minute van Kuruman af.
Bo-op Ystererts is Kuruman geleë in ‘n gebied wat ryk is aan mangaan – ‘n deurslaggewende metaal vir staal en elektriese voertuie.