Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-KAKAMAS: Só het deure vir Annalie Mans en Nicolene Jordaan oopgegaan, twee vrouens en mammas wat altwee ‘n droom gehad het.  
Die twee passievolle vrouens het die 2de September 2024 Cafè Zibâ oorgeneem.  ‘n Nuwe seisoen met nuwe dinge.
Cafè Zibâ is geleë in die hoofstraat van Kakamas, oorkant die skole en besighede en leen hom daartoe om ‘n diens te lewer aan die gemeenskap en toeriste.
Hierdie dienste behels ‘n klein kunsgallery, geskenke, vars gebak, funksies soos verjaarsdae, dope, begrafnisse, vergaderings, ‘platters’, partytjies, ooievaartee’s en vele meer. Met hulle verskeidenheid op die spyskaart is dit ‘n moet om ‘n draai te gaan maak.


Cafè Zibâ verskaf  vars sap en smoothies, cocktails, ‘n wynlys, ‘n heerlike spyskaart vir almal en natuurlik, is daar ‘n lekker speelplek vir die kinders, terwyl die ouers heerlik ontspan op die gras en in die winter steek ons die kaggel aan.
Saam met hulle op die perseel is die alombekende, “Die Haarsalon en The Flower room”.
Op 6 Desember beplan Cafè Zibâ ‘n heerlike aand met kuns, stalletjies, musiek, ‘n modeparade, dans en canapès.
Jy kan jou stalletjie bespreek by ons asook die kaartjies vir die aand.  Hierdie spesiale aand is deel van die “International School of Modeling & Breath Foundation”.  
Kontak Cafè Zibâ op 079 494 7396 om jou kaartjie te bespreek.