GEMSBOK-UPINGTON: Die planne om ‘n skool vir leerders met spesiale behoeftes te stig, vorder goed.
Met heelwat positiewe verwikkelinge, is die komitee, om die Monica Gerhard Skool vir kinders met spesiale behoeftes te stig, nou vuur en vlam om ‘n geskikte perseel te vind vanwaar die skool aangebied kan word.
Die aksiekomitee het reeds die maatskap gestig. Hulle is besig om hul bankrekening te finaliseer en dan moet die geskikte perseel verkry word.
Daar is baie administratiewe uitdagings en vereistes om ‘n skool te stig. Hulle is tans besig om ‘n databasis van kinders met spesiale behoeftes saam te stel. Die skool beoog om veral vir kinders met fisiese gestremdhede, intelektuele gestremdhede, Down Sindroom, kinders op die outistiese spektrum, spesifieke ADHD gevalle, diabetes en epilepsie, onderrig te bied.
Ouers word gevra om die volgende persone per whatts app te kontak: Monica Gerhard 082 650 6178, Ina Potgieter 081 426 3592 of Sune Wiese 072 671 4004.
Die uitdaging wat die komitee het, is om ‘n geskikte perseel te kry om die skool te vestig. Indien daar persone of maatskappye is wat bereid is om die komitee se hand te vat, word hulle uitgenooi om bogenoemde persone te skakel.