Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Die 39-dae lange safari wat die Efficient Groep tans regoor Suid-Afrika onderneem, het ook op Upington aangedoen.
Dawie Roodt en spesiale gaste van Efficient ry met 'n vloot klassieke Land Rovers, Land Cruisers en ander voertuie om hoop te herstel en oplossings te bespreek vir die hedendaagse uitdagings wat Suid-Afrikaners in die gesig staar. 
Hierdie reis gaan alles oor eerlike, positiewe gesprekke. Gedurende die reis het die Efficient-span met Suid-Afrikaners (nuwe en bestaande kliënte) gepraat oor hul unieke uitdagings en hoe ons almal kan saamwerk om ons pragtige land te herbou. Die Efficient-span het by verskeie organisasies betrokke ge-raak en ‘n helpende hand uitgesteek.


Upington is op dag 30 van hierdie ekspedisie bereik. Willie Jansen van Rensburg (Efficient plaaslike adviseur) en sy span van die Upington-kantoor,  het ‘n saal vol mense uitgenooi om die span te ontvang.
Rowan Lyle (besturende direkteur, Efficient Insure), Willem Basson (uitvoerende beampte: Adviseursondersteuning, Efficient Wealth), Heiko Weidhase (hoof uitvoerende beampte, Efficient Group), Dawie Roodt (hoofekonoom, Efficient Group), het Upingtonners by die Desert Palace Casino toegespreek.
Die gesprekke het gehandel oor hoe die krag van ons privaatsektor,  Suid-Afrika weer herstel.   Suid-Afrika spog met 'n robuuste privaat sektor, 'n passievolle landbousektor, ryk minerale hulpbronne, 'n wêreldklas bank- en beleggingsektor  en hoogs gekwalifiseerde professionele persone. Ons kan die uitdagings wat ons in die gesig staar, saam aanspreek en 'n meer welvarende ekonomie vir ons ge-sinne skep. 
Om  finansieel gesond te wees, moet elke persoon sy finansiële posisie, in die palm van sy hand hou. Dit eindig met besluite oor beleggings, mediese fondse, en veral die veerkragtigheid wat wêreldklas-korttermynversekering bied, om uiteindelik elkeen finansieel gesond te maak.
** Om te sien waar die hele span aangedoen het, kyk op Efficient se webbladsye. Die daaglikse avonture is deur ‘n kameraspan gedokumenteer.