Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-KAKAMAS: Angelah Mnguni is ‘n pragtige 21-jarige jonge dame van Lutzburg Kakamas.
Sy het onlangs die Noord-Kaap verteenwoordig in die South Africa Championship Performance of Art International wat in Rustenburg gehou is.
Angela is lief vir die skoonheidswêreld en het al van kleins af aan kompetisies deelgeneem. Sy het sonder ouers grootgeword, maar dit het haar nie gekeer om haar passie uit te leef nie. ‘n Passie om jongmense te inspireer, my drome te bewaarheid en om aan jongmense te bewys dat omstandighede nie definieer wie jy wil wees nie.


Haar drome word so een een waar. Verlede jaar het sy deelgeneem aan Miss Spectacular Teen International SA waar sy weggestap het as Miss Director’s Choice International. Sy het ook deelgeneem aan die Miss World International SA kompetisie waar sy die top 54 behaal het.
En vanjaar was sy deel van die Noord-Kaap span wat die toekenning gekry het vir die beste span, asook die geesbeker gewen het. 
Angelah sê die skoonheidswêreld skep ‘n gemaksone waar sy haarself kan wees en waar sy ‘n beter toekoms vir haar kan skep.