GEMSBOK-UPINGTON: Tydens die Algemene Jaarvergadering van FAMSA Upington op 28 September is die uitdagings en suksesse van hierdie belangrike organisasie in die gemeenskap, bekend gemaak.
Die nuwe direkteur van FAMSA in Upington, Jeanne Fraser, het die jaar se statistieke van FAMSA se werksaamhede en bydraes uitgewys wat weereens die groot rol van FAMSA gedemonstreer het.
FAMSA Upington is dié organisasie wat leiding neem in die Noord-Kaap wat terapeutiese en geestesgesondheid ondersteuningsdienste aan individue, gesinne en families asook mense in die werkplek, lewer. Hierdie organisasie lewer tans op verskeie vlakke in die gemeenskap diens.
Daar is 23 kantore waar opgeleide geregistreerde terapeute ondersteuning verskaf. Die Famsa Upington Groep het ook spesialis opgeleide spelterapeute in diens wat terapeutiese dienste lewer aan kinders. Geakkrediteerde mediators vorm deel van die groep en spesialiseer in die opstel van ouerskap planne ten tye van egskeidings. Daar is ook ‘n 24/7 telefoniese hulplyn beskikbaar en verskeie bewusmakingsveldtogte en programme word gereeld aangebied.
FAMSA kantore is in die volgende dorpe gelee vanwaar distriksmunsipale areas bedien word: Calvinia, Kathu, Kuruman, Postmasburg, Prieska, Springbok en Upington. Die afgelope jaar is 4 623 terapeutiese sessies uitgevoer. Die meeste uitdagings aangemeld, is emosionele trauma by kinders, volwasse psigo-sosiale uitdagings asook persone wat verlies beleef en hulp benodig.
Daar is egter talle ander gemeenskapsprobleme wat ook aangespreek word o.a. trauma, selfdoodneigings, alkohol misbruik, huishoudelike geweld en boeliegedrag by die werk of skole. Met FAMSA se bewusmakingsprogramme is meer as 20 000 mense bereik wat meehelp om mense se houdings en gedrag positief te beïnvloed.
Die missie en visie van FAMSA onderstreep hierdie doel om mense te bemagtig om funksionele verhoudings in die gesin, familie, huwelik en gemeenskap te bou en te onderhou. FAMSA het ten doel dat ʼn gesonde geestes gesondheid en verhoudings sal deurspoel tot ʼn gesonde gemeenskap.
Die FAMSA Groep spesialiseer ook in werknemers ondersteuningsprogram en het tans 18 kantore wat dienste lewer aan werknemers primer in die mynbou sektor
By die jaarvergadering is Christiaan du Plessis, wat onlangs aangestel is as die uitvoerende direkteur van die FAMSA Nasionale Direktoraat, bedank vir sy leiding die afgelope 17 jaar aan FAMSA in die Noord-Kaap.
Hy gee nou die leisels en die direkteurskap van die FAMSA Upington Groep oor aan Jeanne Fraser.
Christiaan is steeds in ‘n bestuursooreenkoms by die Upington Groep betrokke ten einde die tranformasie proses effektief te hanteer.Hy bly onbepaald aan as die direkteur van CAREFAM (PTY) LTD, die handeldrywende komponet van die groep.
Om met FAMSA in die streek in verbinding te tree, skakel 054 332 3955.