Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Stefan Niemann van Lange Carr & Wessels Prokureurs op Upington het onlangs ‘n besondere prestasie behaal toe hy binne ‘n jaar toegelaat is as prokureur, 
Aktevervaardiger en notaris nadat hy aan alle kriteria daarvoor voldoen het en alle toelatings eksamens geslaag het. Alhoewel Stefan nie die eerste praktisyn van Lange Carr & Wessels is om al drie daardie kwalifikasies te verwerf nie, het hy by verre dit die vinnigste vermag.


Stefan is ‘n boorling van Keimoes en het sy hoërskool loopbaan op Upington voltooi waarna hy die LL.B graad aan die Noordwes Universiteit te Potchefstroom behaal het, waar hy onder andere ook voorsitter was van die Regsfakulteit se Studenteraad. 
Stefan is tans besig met sy Meestersgraad in die Regte. Na Universiteit het hy sy leerklerkskap by Lange Carr & Wessels voltooi waarna hy as assosiaat by die firma aangestel is. Alhoewel Stefan huidiglik grootliks straf- en siviele litigasie sowel as skuldinvordering hanteer, is hy ook beskikbaar vir onderhoudsake, egskeidings, eiendomsoordragte, kommersiële transaksies en ander algemene regs-werk.