Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

‘n Dag vol “ene” … Pupkewitz Megatech het op 1 Maart 2024 sy deure oopgemaak by Nr 1 Toekomsstraat in Upington, die 1ste Suid Afrikaanse tak onder die Pupkewitz Groep.  
Die geleentheid is bygewoon deur raadslid Adam Visser van die Dawid Kruiper Munisipa-liteit, mnr Brian Rubinstein, Pupkewitz Holdings direkteur; mnr Eugene Shepherd, Pupkewitz Groep finansiele direkteur, mnr Morne Nell, Pupkewitz Megatech besturende direkteur, Linda Shitumbapo, hoof van Hernubare Energie vir Pupkewitz Megatech en mnr Gert Burger, Pupkewitz Megatech se finansiële direkteur.  
Raadslid Adam Visser en mnr Brian Rubinstein het die rooi lint geknip en die winkel amptelik oop verklaar.

Die Pupkewitz groep in Namibië, is deur afgestorwe mnr Harold Pupkewitz, meer as 120 jaar gelede, gestig.  
Vandag is dit die 3de & 4de generasies aan die stuur van die baie suksesvolle besigheid wat oor al die streke van Namibië strek, met byna 2 000 werkne-mers in diens.  
Die groep bestaan uit verskillende entiteite, onder andere:  Pupkewitz Megatech, Pupkewitz Megabuild, Pupkewitz Motors & Pupkewitz Catering.
Pupkewitz Megatech is hierdie jaar 15 jaar oud en Upington is die 12de tak wat hulle oopmaak.  
Vir Pupkewitz Me-gatech is hul werknemers die belangrikste deel van hul besigheid.  Die span bestaan uit 225 individue wat elkeen sy eie unieke identiteit tot die tafel bring.  Tog werk die 206 Namibiërs, en die onlangse 19 lede van die Upington span, saam as ‘n eenheid.  Daar word ‘n baie hoë waarde geheg aan opleiding en ontwikkeling om seker te maak die besigheidstandaarde, kliëntediens en kultuur word gehandhaaf. 
Die beplanningsfase van hierdie tak het reeds twee jaar gelede afgeskop en die span het baie hard gewerk om seker te maak dat hulle teen openingsdag, die mark met die beste gehalte, bekostigbare, elektriese, beligting en sonkrag oplossings kan bedien.  
Die tak beoog om kliënte in alle segmente van besigheid by te staan of dit nou kontrakteurs, ontwikkelaars, kleinhandelaars, boere of skole is.  Hulle beleid is om die “Complete Electrical & Renewable Energy Solutions Partner” te wees vir hul kliënte, en om die pad saam met hulle te stap, om oplossings te vind, sodat hul kliënte meer suksesvol kan wees in hulle gebied van kundigheid.   Baie mense vra die vraag, “Hoekom Upington?”  In mnr Morne Nell, besturende direkteur van Pupkewitz Megatech, se woorde, “Upington is so naby aan die Namibiëse grens en daar is so baie kulturele ooreenkomste tussen die Suide van Namibië en die Noord-Kaap, dat Upington amper gesien kan word as die hoofstad van die Suide van Namibië, so dit het net sin gemaak dat ons onsself hier kom vestig”.
Mnr Pierre Delport, die area bestuurder van Pupkewitz Megatech         Upington het sy dankbaarheid uitgespreek teenoor die Pupkewitz familie vir hulle besluit om in Pupkewitz Megatech Upington te belê, asook vir die vertroue wat hulle in hom en sy nuutaangestelde Upington span plaas, om deel te wees van die eerste hoofstuk van dié Noord-Kaapse besigheid.  Hy het ook al die kliënte, kontrakteurs en gaste bedank wat die oggend afgestaan het om die deure saam met hulle oop te maak en almal verseker dat Pupkewitz Megatech Upington die gemeenskap sal dien en ‘n impak sal maak om te sorg dat hulle die “Complete Electrical & Renewable Energy Solutions Partner” ondersteu-ning, sal ervaar.