Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times


GEMSBOK-UPINGTON: As deel van die Upington Landbou Expo se program, word daar weer die jaar ‘n Slagkompetisie by Desert Beef Abattoir gehou.
Desert Beef/Boomplaas bied op 3 April weer ‘n Skaap & Bees Voerkraaldag aan. Daar gaan ‘n vol program vir belangstellendes aangebied word.
Mnr. Gert Fourie, sameroeper van grootvee by die skou, vra boere om die dag by te woon. Baie moeite word gedoen om die diere voor te berei en om die dag te reël.


Die program is as volg:
07:30 tot 08:30 kan die diere besigtig word voor hul geslag word.
Om 09:00 is daar ‘n verrassingspreker.
Daarna, om 10:30, kan die voerkrale besigtig word.
Middagete word om 12:00 bedien en daarna is die karkas besigtiging.
Besprekings kan gedoen word by Ria 084 517 3638 of Gert 082 826 2349.
Vrydag, 5 April
Gert Fourie beplan ‘n baie interessante program vir die skou. Vrydag om 10:00 gaan dr. Fafa Malan, ‘n bekende veearts en veekundige, met boere gesels by die veetent. Daarna, om 11:00, word die slagos- en slaglam bekend gestel aan skougangers. 
Om 12:00 word daar ook dragtigheidstoetse op beeste gedoen.
Om 13:00 is daar ‘n braai vir die boere.
Saterdag, 6 April vanaf 10:00 word die beeste op die skou beoordeel.
Skougangers word uitgenooi om na die verskillende beesrasse te kom kyk, aangesien baie moeite gedoen word om die diere voor te berei vir die skou.