Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-KAKAMAS: Kakamas personeel het weer vanjaar Mandeladag ondersteun. 
Die personeel het geld bymekaar gemaak om sop vir die pasiënte te maak en dit uit te deel. Daar is ‘n kort toespraak gehou om pasiënte in te lig oor die doel van die dag. Daarna het die pasiënte ʼn lekker koppie warm sop ontvang. Die glimlagte van dankbaarheid het elke personeellid se harte warm gemaak.
Daarna is daar ook komberse aan pasiënte uitgedeel wat op daardie stadium in Kakamas Hospitaal gelê het. In hierdie koue winter tyd waarin ons gemeenskap hulself be-vind, het elke kombers weer vir die pasiënte moed gegee om by hulle huis weer die koue aan te durf. Elkeen was baie dankbaar oor hierdie groot geskenk.
Die aanvullende gesondheidspan het na Kokerboom Oord gegaan. Vir opwarming moes almal, terwyl hulle sit, die instruksies volg van die liedjie “head, shoulders, knees and toes”. Toe is daar aktiwiteite in groepe aangebied waaraan die bejaardes deelgeneem het. 


Op die agtergrond het daar musiek uit die 60’s gespeel.  Almal het dit vreeslik geniet en daar was ʼn paar breë glimlagte en diep gedagtes oor herinneringe uit die verlede. 
In tye van vandag is mens se tyd amper die kosbaarste ding wat jy aan iemand kan gee, omdat dit iets is wat jy nooit sal terugkry nie. Elke dag is ʼn geskenk omdat môre vir niemand verseker is nie. In Nelson Mandela se woorde; “There can be no greater gift than that of giving one’s time and energy to help others without expecting anything in return”. 
Dankie aan elke personeellid van Kakamas Hospitaal dat julle tyd afgestaan het om op een op ander manier ʼn verskil aan iemand se lewe te maak. Nie net op 18 Julie 2024 nie, maar ook op al die ander dae wat julle ʼn diens lewer aan die gemeenskap, al is dit ook net om kosbare tyd af te staan om ʼn oor vir iemand te bied om te luister.