Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Augrabies Waterval Nasionale Park het verlede week Mandelamaand saam met bejaardes en persone met gestremdhede van Lutzburg by Kakamas, gevier. 

 Christine du Plessis SET (Social Economic Transformation) bestuurder,  wat die program saamgestel het, by raadslid Aaron Johnson van Kai !Garib, Genevieve Maasdorp, streeks kommunikasie bestuurder van die Ariëde Parke en Angela Isaks, parkhoof van die Augrabies Waterval Nasionale Park het almal 'n rol gespeel om van die dag 'n groot sukses te maak.

‘n Groot groep  bejaardes het die Mandeladag vieringe by Lutzburg se gemeen-skapsaal  bygewoon.  Die parkhoof van die Augrabies Waterval Nasionale Park, Angela Isaks, het ‘n paar geskenke aan bejaardes oorhandig. Die BSP (Biodiversity Social Project)-span het pragtige liedere gesing. Die veldwagters van Augrabies Waterval Nasionale Park het ‘n demonstrasie dril gedoen waarna Mario Steenkamp die gehoor
 ingelig het oor die doel van veldwagters. Die gaste het ook pragtig saamgesing en meegedoen aan die program wat  aangebied is.
Die oggend is afgesluit met heerlike sop en roosterkoek wat deur die BSP-span uitgedeel is.