Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Die CRC Kerk het vanjaar die Beauty for Ashes GBV-bewusmakingsveldtog nasionaal van stapel gestuur - met die doel om bewusmaking, kennis, hoop en genesing aan vroue en kinders in ons gemeenskappe te bring. 
As deel van hierdie projek het hulle onderneem om verskeie Slagoffervriendelike Kamers by Polisiestasies regoor die land op te knap en te verbeter.
Met die afsluiting van Nelson Mandela-maand en die aanbreek van  vrouemaand, kon hierdie projek nie op ‘n beter tyd van stapel gestuur word nie.


“Ons CRC Cares Upington-vrywilligers het onlangs fondse ingesamel om die Victim Friendly Room (die ou Trauma-kamer) by ons plaaslike polisiestasie op te knap en ‘n veilige en verwelkomende ruimte te skep vir vroue en kinders wat mishandel is. Ons toegewyde vrywilligers het meedoënloos gewerk om hierdie kamer in ‘n plek van troos en hoop te omskep.” vertel pastoor Maré Venter.
’n Nuwe voorkoms en gevoel is aan die kamer gegee waar daar onderhoude gevoer kan word met slagoffers, van privaatheid en gerief voorsien kan word, in ’n nie-bedreigende omgewing. Die behoeftes van die slagoffers is ook oorweeg met waardigheid bokse geskenk vir diegene wat bygestaan ​​sal word by die fasiliteit.
Die SAPD-bestuur het die gebaar van die CRC Kerk erken en waardeer. Hierdie onskatbare gebaar is ‘n duidelike aanduiding van ‘vennootskappolisiëring’ tussen die polisie en die burgerlike samelewing.
Meer oor die projek in die sosiale media video op die Gemsbok se Facebookblad.