Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Tydens die ATKV Kultuurkuier by Buffelspoort onlangs, het Upington se takke weer eens met toekennings weggestap.   daar was meer as 300 lede teenwoordig van regoor die land en Namibië.  Die Noord-Kaap streek is ook goed verteenwoordig by die kongres met takke van Hoërskool Duineveld, Springbok, Port Nolloth, Groblershoop, Askham en Friërsdale.
Anschen van Blerk, voorsitter van die Rooiduin-tak en Liesel Giliomee van Kultuurdiere-tak  (Hoërskool Upington) het albei toekennings ontvang.
Anschen van Blerk, voorsitter van die Rooiduin-tak, ontvang ‘n toekenning vir die Beertjieprojek 2023 wat hulle in samewerking doen met Saret Boshoff.  ‘n Groot woord van dank aan Liewe Heksie Speelskool vir hul GROOT bydrae aan hierdie projek.  Hierdie projek is nog steeds aan die gang en indien iemand belang stel om betrokke te raak, kan hul gerus met ons skakel.  Indien enige iemand oorskiet wol of breipenne wil skenk, kan u ook met ons skakel op WhatsApp nr 082 430 9498.           
Me Liesel Giliomee van Kultuurdiere-tak  (Hoërskool Upington) het die toekenning ontvang vir die tak met ‘n baie hoë vlak van funksionaliteit in 2023.