Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-BRANDVLEI: Dit is winter, dit is jagtyd maar in die Noord-Kaap is dit ook kuiertyd vir familie en vriende.   Brandvlei Landbouvereniging se unieke Jagnaweek het hierdie jaar plaasgevind op 14 en 15 Junie. 
Hierdie Jagnaweek, met sy ontstaan as ’n bymekaarkom vir vriende en familie, het oor die jare veran-der in ’n volwaardige fondsinsamelingsge-leentheid vir die gemeenskap  –  Brandvlei se eie fees!  Ons behou egter ten alle koste die saamkuier van vriende en familie komponent en vanjaar was weer geen uitsondering nie.
Verrigtinge het Vrydag 14 Junie, ’n lieflike warm wintersdag, afgeskop met die jag van springbokke op verskillende plase.  Sodoende kon daar Saterdag weer lekker jagstories uitgeruil word. Die beste bokke is Saterdagmiddag by die Kerksaal ingeskryf.  Hierdie jaar was daar pryse vir die beste ooi- en die beste ram bok.   Alwyn Muller van   Loeriesfontein het die beste ram bok en Annuscha van der Merwe van Gansbaai die beste ooi bok ingeskryf.  


Saterdagoggend het begin met ’n besige skietkompetisie op Hardevlei, so 10 kilometer buite Brandvlei.  ’n Rekord neëntien spanne (vier lede in ’n span) het ingeskryf.  Spanne het van sover as Upington (Toyota, KLK en Agrimark) en Nieuwoudtville gekom.  Party spanne het lede gehad van Piketberg, Calvinia, Kaapstad, ens.  Hierdie jaar het die Bokveld span (Rikus Louw, Andries Theart, Elizma Boltman van Nieuwoudtville en Gawie Krugel van Brandvlei) gewen met die KLK span van Upington in die tweede plek.  Die Swartkop span (Henk en Hardu Maritz, Van Zyl Bruwer en Dawid Louw) was derde.  Elke skietspan het ’n naam en party is baie oorspronklik:  Nanibees 70+ (almal ouer as 70), die Brandganse, die Noordganse, Rietkolk, Kraandraai, die Louws, die De Vriese, “CY till I die”, ens. 
Van die skietbaan het verrigtinge na die Kerksaal op Brandvlei verskuif en het deelnemers aan die potjiekoskompetisie met hulle potte begin en was daar sommer vinnig-vinnig ’n lekker kuier atmosfeer met die heerlikste geure. Hier het ons ook ’n rekord aantal inskrywings gehad met 21 potte en die beoordelaars het geen maklike taak gehad nie. Daar was eintlik 23 potte as die 2 Melkkospotte van Riaan en Charmaine Kuhn bygetel word – melkkos vir poeding het al amper ’n instelling geword.  Andries Ferreira van die KLK groep het weggestap met die eerste prys met ’n  Springstertpot.  CG Stoumann van Vredendal was tweede met sy Oxtailpot.  Die potte word vir die ete gebruik en saam met lekker tuisgebakte brood kon al die lekker geure geproe word en kon almal saam redeneer oor watter  pot nou eintlik die lekkerste was.  
2024 se Jagnaweek was een vir rekords (meeste skietspanne, meeste bokke, meeste potte) maar ook die meeste mense nog wat die dag bygewoon het:  ’n rekord getal van 168 persone “ is deur die hekke”  soos daar altyd by groot geleenthede gesê word.  Die bestuur is baie tevrede met ons “fees” se groei – Brandvlei is ’n klein plekkie. 
’n Groot deel van ons fondsinsameling ge-skied deur middel van ’n Jagkaartjiekompetisie wat landwyd geadverteer word. Kaartjies kos R100 elk met 4 baie lekker pryse wat gewen kan word. Hier het Jannie Botha (Vredendal) met die eerste prys, ’n lekker jagpakket in die Brand-vlei distrik en Marinus Meyer (Oesterbaai naby Humansdorp) met die tweede prys, ’n geweer,  weggestap.   Die derde prys, ook ’n lekker jagtog, is deur Altus Theron van Upington gewen.  Die vierde prys se 4 slagskape is Somerset- Wes toe met Christo Kaufmann die wenner. 
Baie geluk aan almal en ook baie dankie vir julle ondersteuning!
Hierdie jaar het ons ’n nuwe “kompetisie” by ons dag gevoeg in die vorm van die Rika Vollgraaff wisseltrofee.  Rika was van die begin af een van die Jagnaweek se grootste ondersteu-ners en deelnemers, maar is ongelukkig vroeër vanjaar oorlede.  Met hierdie trofee wil ons haar altyd onthou.  Hierdie trofee word as ’n groep/span gewen.  Om te kwalifiseer moet die groep aan al drie die kompetisies deelneem ( bok, skietspan en ’n pot), moet duidelik sigbaar wees (kleredrag, ens. ) en as groep/span die beste gees by die Jagnaweek hê.  Dit was ’n moeilike besluit maar die trofee is hierdie jaar aan die “Peaky Blinders” toegeken.  Hulle het hulself beskryf as “New York, 1950, American Mafia” en het elke dag ’n uitrusting uit daardie era gedra.  
Jagnaweek 2024 was ’n lekker kuier naweek - daar is gejag, ge-    skiet, lekker geëet, lek-ker gesels, baie pryse gewen en families kon weer bymekaarkom.  Boonop het ons broodnodige fondse vir ons gemeenskap ingesamel.  BAIE dankie aan almal wat die dag moontlik gemaak het, alle borge en deelnemers.  As jy vanjaar nog steeds uitgemis het, onthou nou al dat die eerste naweek van die skoolvakansie in Junie 2025, Jagnaweek tyd is!