Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Ouma Katriena Esau, die enigste oorblywende spreker van die bedreigde inheemse Suid-Afrikaanse taal N|uu, ?Xuu Katrina Esau, het gister (Sondag, 4 Februarie 2024) haar 91ste verjaarsdag gevier.
Hierdie merkwaardige vrou en kampvegter vir die behoud van haar moedertaal, is verlede jaar met ‘n eredoktorsgraad deur die Universiteit van Kaapstad (UK) toegeken.


Dit was ter erkenning van haar lewenslange verbintenis tot die behoud van die taal.
Die universiteit het gesê Ouma Katrina, soos sy met liefde bekend staan, het dit haar lewenstaak gemaak om die taal te onderrig en die jeug op te voed oor ander unieke tradisies van die San-mense.
Sy het ‘n doktorsgraad in letterkunde (honoris causa) ontvang deur UK-kanselier dr Precious Moloi-Motsepe tydens ‘n gradeplegtigheid vir die geesteswetenskappe-fakulteit.
Ouma Katrina het haar eredoktorsgraad gevoeg by die Orde van die Boabab in Silwer wat in 2014 deur die destydse president Jacob Zuma toegeken is.