GEMSBOK-GROOTDRINK: ‘n Tragiese ongeluk op 11 Oktober 2024 het die lewens van Karin Otto en haar kinders onherroeplik verander.
Die ongeluk het Karin se man Cyril se lewe geëis en die oudste seun, Keanan (12) is baie ernstig beseer.
‘n Bewustelose Keanan is in die hopsitaal op Upington in die ICU opgeneem, met drie skedelbreuke, bloeding op die brein, asook inwendige bloeding en moes twee bloedoortappings ondergaan.
Die jong seun het ook ernstige beserings aan sy linkerhand, arm en voet opgedoen. Elke dag is ‘n uitdaging vir die gesin.
Die dapper seun se vordering oor die afgelope maand was een wonderwerkie op ‘n ander.
Van sy eerste reaksie op instruksies, tot hy selfs sy bene en arms begin optel het, was genade van Bo.
Hy kry fisio- en spraakterapie en reageer goed daarop.
40 Dae na die ongeluk is Keanan uiteindelik ontslaan.
Keanan se vordering bring hoop vir sy ma, wie elke dag langs sy bed gesit het en saam met hom die pad aandurf.
Sy pad na herstel is lank en loop deur ‘n rehabilitasie sentrum.
Die naaste rehabilitasie sentrum, met staatsorg, is in Bloemfontein.
Karin en haar kinders hoop dat die nie nodig sal wees om al die pad na Bloemfontein te gaan vir rehabilitasie nie.
Nie net is daar net eenvoudig nie die fondse daarvoor nie, maar Karin, as enkel ouer, kan nie met haar ander drie kinders tussen Bloemfontein en Upington pendel nie.
Indien daar enige persone met ondervinding, kennis of raad oor rehabilitasie van ernstige beserings soos hierdie in die omgewing is, hoop Karin om by hulle te kan kersopsteek.
Karin moet nou, as enkelouer, alleen met die normale bekommernisse van ouerskap saamleef.
Dit is ongelukkig nie al waaroor sy nou bekommerd is nie.
Die gesin moet aan die einde van Desember 2024 uit hulle woning in Grootdrink wees, ‘n ander heenkome bekom, daarheen trek en iewers die fondse daarvoor bekom.
Dit saam met al die verkuilde kostes van Keanan se mediese behandeling, die ander drie kinders se behoeftes soos skool toe gaan en om - sodra Keanan se rehabilitasie afgehandel is, ‘n werk t kry, hang soos ‘n donker wolk oor Karin se kop.
Hierdie Kersseisoen sal die kinders maar met die minste tevrede moet wees.
Hulle sal ook nie soos ander kinders kan deel in die terug--skool-toe-opwinding, met nuwe skryfbehoeftes en skoolklere nie.
Karin het nooit kon dink dat sy van die goedheid en guns van vreemdes afhanklik sal wees om aan haar kinders te voorsien nie.
Enige persone wat ‘n bydrae wil maak, kan donasies by Erica’s Barber, regoor die Roomskatolieke Kerk in Upington, afgee. Of skakel met Erica by 082 759 9628.
Indien jy ‘n finansiële bydrae kan lewer, kan jy met Karin self skakel by 071 152 2217 of inbetaal in haar rekening
African Bank, K Otto
Spaarrekingnommer 200 881 79445