Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-KEIMOES: Kokerboom Lodge, net buite Keimoes, se baie bekende Kersmark is reeds oop en aan die gang.
Denise Franken sê almal word, weer soos al die ander jare, uitgenooi om Kokerboom Lodge te besoek vir hierdie ongelooflike Kersmark tussen die wingerde.
Daar is ook ‘n tafel vir die kinders met die oulikste goed. Regtig iets vir almal. Ons mark is bekend vir goeie kwaliteit en beste pryse. Kom ondersteun weer die uitstallers en geniet die rustige atmosfeer en omgewing. 


Elke jaar is die geskenke net mooier en meer of van te kies. Daar is ‘n groot verskeidenheid pragtige geskenke te koop, asook heerlike koekies en beskuit vir jou vakansietas.
Daar is ‘n heerlike Lapa ontbyt wat daagliks vanaf 08.00 begin (groepsbesprekings is welkom).
Daar is ook ligte etes om van te kies na 12:00.
Die teetuin en mark open elke dag vanaf 08.00 - 19.00.
“Dankie vir almal se ondersteuning deur die afgelope 16 jaar.  Ons Hemelse Vader se genade is groot.”
Die kersmark word jaarliks op dieselfde perseel gehou, 1km na Keimoes se vierrigting stop (Malansoekweg). draai regs by Kalahari Water Afdraai, Malanshoek. Vind die Kersmark 3km verder.
Denise kan geskakel word by 082 767 7308.