Tydens SANParke se 17de Kudu toekennings geleentheid, het parke in ons streek weggestap met belangrike pryse.
Volgens die hoof uitvoerende beampte van SANParke, Hapiloe Sello, gee die toekennings erkenning aan persone binne en buite die parke, wat uitsonderlike verbintenis tot die volhoubaarheid van ons nasionale parke getoon het.
Individue is ook vereer vir die verbetering van die lewensbestaan van ons parke, asook om werklike veran-dering te weeg te bring.
Sello het gesê dat begrip en ondersteuning vir bewaring, van kardinale belang is om die beskerming van ons nasionale parke te verwesenlik. “As deel van hierdie toekenningsfunksie word verskeie belanghebbendes vereer en dit sluit mediahuise, mediapraktisyns, nie-regeringsorganisasies, skole, gemeenskappe, korporasies en individue in.
Die wenners van die Ariede streek vir die 2023 Koedoe-toekennings, in hul onderskeie kategorieë, is:
Uitstekende prestasie in die werkplek-toekenning
1. Hannes Heyns - Augrabies Waterval Nasionale Park
2. Katrina Steenkamp - Kgalagadi Oorgrenspark
Toekenning vir beste presterende kamp van die jaar - Nossob-ruskamp in die Kgalagadi Oor-grenspark
Beste presterende Park van die Jaar-toekenning - Kgalagadi-oorgrenspark
Altesaam 28 Hoof Uitvoerende Toekennings is vanjaar uitgereik, wat wissel van die Shield-toekenning, Beste Kliëntediens, Beste Kiesafdelingbouer, Beste Veldwagterpos, Beste Presterende Kamp, Beste Presterende Park van die Jaar, Uitstekende prestasie in die werkplek, Beste Presterende Afdeling, Beste Leierskap-toekenning en Spesiale Spanpoging-toekenning.