Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Volgens die Departement van Water en Sanitasie se Status van Waterreservoirs-verslag het slegs  die Noord-Kaap, “in die huidige verslagtydperk” ‘n beduidende verbetering in oppervlakwaterberging getoon deur ‘n toename van (+6.2%) .
Die Noord-Kaap, wat ‘n volle voorsieningskapasiteit (FSC) van 146,32 miljoen m3 het, staan ​​op 78,6%, vergeleke met verlede week se 72,4%. 
Verlede jaar was die volle voorsieningskapasiteit van die Noord-Kaap op 84,3%. 
Die Van der Kloofdam wat tussen die Vrystaat en Noord-Kaap provinsies grens, is amper 100% vol op 99,74.

 
Die Vaalrivierstelsel is net meer as 81% met die Oranjerivierstelsel op 88,7% vol.
Die Spitskopdam wat in die Hartsrivier is staan ​​tans op 62.3%, die Vaalharts-wal, 77.1% het toegeneem vanaf verlede week se 56.7%.
Die meetstasie by Marksdrift dui aan dat die watervlak op ‘n hoogte van 0,611 meter is en by die Katlani-meterstasie, 0,975 meter.
Die Boegoebergdam in die Oranjerivierstelsel met ‘n beplande instandhouding wat geskeduleer is om vanaf 16 tot 26 Junie 2024 te begin, is op ‘n waterhoogte van 9,830 meter of 105,8% vol. 
Die geskeduleerde instandhouding sal vereis dat die Boegoebergdam leeggemaak word om opknappingswerk aan die meganiese hekke se stroppe en sluise te vergemaklik. Tans is vier (4) sluishekke oopgemaak. 
Dit sal lei tot ‘n byvoeging van water tot ons Junie skedule vrystelling van 81.833 m³/s met ‘n effense toename in ons rivierstelsel.
Die Departement van Water en Sanitasie doen ‘n beroep op alle boer-derygemeenskappe langs die rivierstelsel om u waterpompe deur hierdie tydperk nou-keurig te monitor. 
Geen visvang of swem moet onder hierdie omstandighede toegelaat word nie. 
Deel asseblief hierdie inligting met watergebruikers en gemeenskappe wat langs die rivieroewers woon.
Die meetstasie in Upington dui die watervlak aan op 0,545 meter, Neusberg op 4,380 meter, by Blouputs 0,411 meter en by Vioolsdrift, 0,526 meter.
Neem kennis dat die wateropgaardamme in die Noord-Kaap meestal balanseringsdamme is, anders as opgaardamme waar die primêre doel langtermynberging van water is. 
Balanseringsdamme is ontwerp om as ‘n veeldoelige fasiliteit te dien. 
Gewoonlik sal dit dien as ‘n versprei-dingspunt vanwaar water na pypleidings, kanale of kragopwekkingsturbines herlei word of om as ‘n pompstasie te dien. 
Water word gewoonlik vanaf een of meer buitebronne in die dam ingevoer op so ‘n wyse dat ‘n balans bewerk-stellig word tussen die water wat aan die een kant inkom en aan die ander kant versprei word.
Die departement van water en sanitasie doen ’n beroep op inwoners om water spaarsamig te gebruik, ons water- en sanitasie-infrastruktuur te beskerm en vanda-lisme te stop.