GEMSBOK-UPINGTON: Dr. Henning Gericke, ‘n ikoniese Suid-Afrikaner wat as kliniese sielkundige en skrywer, vorm aan die sportsuksesse van verskeie internasionale sportlui gee, het Upington verlede week besoek.
Die ontspanne wyse waarop dr Henning Gericke sy gehoor ontmoet, laat die interaksie spoedig voel soos “storie-tyd”. Nie net deel hierdie begaafde internasionale atleet en sport afrigter van sy eie belewenisse nie, maar hy gee ook praktiese pitkos vanuit sy gepubliseerde werke. Met totale deursigtigheid het hy gedeel hoe sy pad as atleet, sportafrigter en familieman geloop het, tot waar hy hom nou bevind in ‘n seisoen van terugploeg in die samelewing.
Die eerste interaksie was met ‘n groep onderwysers by Hoërskool Upington waartydens Henning totale begrip vir hul uitdagings getoon het en met spontane , onderhoudende deel van raakpunte uit sy nuutste boek, INSPIRING PARENTS: CREATING CHAMPIONS IN SPORT AND LIFE - Afrikaans “Inspererende Ouerskap,” wat nou nog net twee maande op die rakke is.
Aan die hand van Simon Sinek se “Golden Circle,” het hy ons gemaan om ons HOEKOM te vind en so ‘n persoonlike definisie van sukses te kan vorm. Heerlike tong – rol aanhaling “ Cars run on gas, people run on passion”.
Daar moet ‘n besliste “growth mindset” wees en die wete dat talent nie alles oorheersend is nie, maar wel die vermoë om, met die regte “attitude”, vas te byt.
Laat studente toe om te misluk! Help hul om met waagmoed die vrees om te verloor te oorwin. Niks is perfek nie. “Failure is not fatal”.
Plaas fokus op die ontwikkeling van karakter. Ondersteun mekaar en onthou dat onderwysers vir student identifikasie figure is. “Be value driven” .
Fokus om die beste uit mense te kry. Onthou dat negatiwiteit groei. “I believe in you” is die mees fenominale woorde vir studente om te hoor.
Moenie kinders toelaat om sommer net die maklikste weg uit te kies nie. So bietjie “tuff love” is voordelig. Gee baie liefde. Gee baie ondersteuning. Hou kinders verantwoordbaar vir hul keuses en besluite.
Bou hul selfbeeld : “I am ok. I belong. I matter.” “Connect” met die kinders. Vind uit wat hulle laat tiek. Wees ‘n geestelike mentor en onderwyser.
Agtergrond is nie alles nie. “It takes a village to raise a child.” Waar jy vandaan kom hoef nie perfek te wees nie. Gee aandag aan jou eie energievlakke. Wees goed vir jouself.
Tydens die ontbytkuier by Protea Marriot het die sakesektor en plaaslike atlete in die gehoor, aandag gegee aan die uitganspunt “ Think like a Champion” uit sy boek “Think like Champions” waarmee dr Gerricke ons weereens praktiese voorbeelde gegee het op sy reis as kliniese sielkundige en sport spesialis.
Twee van die jong Uppies studente, Carla Fourie en Nieke Engelbrecht, is voor die aanbieding deur plaaslike fasiliteerder en “coach”, Coba Röhm, gevra wat hul spesialisvelde is en wat hul verwag om te hoor. Hierdie twee jong dames neem deel aan swem, netbal, tweekamp en landloop en wou hul “mindset” versterk om met motivering te fokus op hul onderskeie sporte. Dit het hul beslis gevind.
Champion Mindset is deur Henning uitgestip met praktiese voorbeelde en vermanings. Moenie jou laagte of hoogtepunte te intens beleef nie. Jy raak beter wanneer jy begin leer wanneer jy juis dink jy weet alles.
“Bend the reality” Hier is die werk van Ben Zander aangehaal wat fokus op moontlikhede eerder as verwagtings. (Leesstof “The art of Possibility”). Moenie luister na al die negatiewe stemme wat oor jou opinie vorm nie. “Slay your dragons” Konfronteer al jou vrese en reflekteer op die impak. Moenie jouself aan ander se pre-stasies meet nie.
“Adversity IQ” moedig ons aan om in die storm in te hardloop en nie vir realiteite weg te kruip nie. Verkoopspersoneel kan hieruit leer, want daar moet ‘n konstante poging wees waarin ‘n kliënt minstens vier kontakpunte het. Skuif uit die pad uit wat nie tot jou voordeel is nie. Have a “Golden focus”. Fokus op wat essensieel is vir jou en besef jy kan nie op alles gelyk fokus nie.
“Growth Mindset” is die plek vanwaar mens moet funksioneer om ‘n kultuur van groei aan te leer. Vra vir respekvolle terugvoer.
Wees kreatief. Maak seker jy dink lateraal. Dink buite die boks. “See it. Believe it” Achieve it”.
Hou momentum. Kry meer beweging en moenie jouself isoleer en tot stillstand kom nie. Wees ‘n “connector” Stel opreg belang in ander mense en moenie in gesprekke fokus op ek, ek , ek.
“Shared Leadership” is die sukses van ‘n energieke binnesirkel wat jou bystaan. Gee erkenning aan mense wat jou ondersteun.
Gewoontes. Klein oorwinnings binne die hede. Wees teenwoordig. Wees dankbaar. “Living is what you get, life is what you give”
** Verslaggewing en persoonlike interaksie tydens dr. Gericke se besoek is deeglik gedoen deur ons eie Noord-Kaap #coachCOBA www.coachgroup.co.za)