Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Die Kakamas Belangegroep, in samewerking met Youth With A Mission (YWAM) het nog pragtige plante by Kakamas se ‘Ons Tuin’ aangebring. Gemeenskapslede en rolspelers het saam met die Christelike jeuggroep, YWAM, n kruis in die tuin opgerig en in gebed vir hoop en vrede vir die gemeenskap gevra.
Kakamiete moes die afgelope paar jaar baie klippe versit om ‘n vullishoop by die ingang van die dorp, in ‘n spog-rotstuin te omskep. Kakamas spog vandag met ‘n waterslim pragtige roos-kwarts, roois-jaspis, doloriet rotstuin en selfs ‘n miniatuur replika van die dorp se historiese waterwiel.


“Hierdie tuin behoort aan elke inwoner van Kakamas. Dit sou nie moontlik gewees het as Kakamiete vanuit alle oorde nie hande gevat het en deur finansiële bydrae, tyd en arbeid, saamgewerk het om trots in die dorp te herstel nie,” sê Marie.
Marie sê almal is welkom om die tuin te geniet. 
“Ons hoop ook dat elkeen wat die tuin besoek, sommer ‘n sak vullis sal optel - om te verseker dat die trots van Kakamas nie weer in ‘n vul-lishoop sal verander nie.”