Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Na ‘n diagnose van kanker kan jy ‘n reeks gevoelens hê, insluitend vrees, hartseer, angs en depressie. 
Dit is normale reaksies op ‘n stresvolle lewenservaring.  Die mense in jou lewe kan ook bekommerd, kwaad of bang voel. 
Familielede kan baie ondersteunend wees, of hulle kan anders teenoor jou begin optree. 
Sommige voel dalk skuldig dat hulle nie siek is nie, of hulle kan hulpeloos voel, omdat hulle nie weet hoe om jou te help nie.
Nadat die plaaslike Kansa kantoor sy deure op Upington gesluit het, het ‘n klomp Kanker-oorwinnaars en mense wie geliefdes aan die stryd met kanker moes bystaan en selfs afstaan, ‘n kankerondersteuners groep op Upington begin.
Die groep het die afgelope week ‘n baie interessante inligtingsessie by die Dr Harry Surtie Hospitaal se onkologie afdeling bygewoon.
Die personeel van die geallieerde gesondheid afdeling het die groep toegespreek.
Enige persone wie betrokke wil raak of die behoefte tot kanker ondersteuning het, kan met HelenaTitus, via Whatsapp kontak maak.
Haar nommer is 078 371 3225.