Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times


GEMSBOK-KENHARDT: Mnr. Charl Saunderson is tydens die onlangse RPO-kongres genomineer as vise-voorsitter van die RPO Noord-Kaap.
Charl is op die dagbestuur van ORLU (Oranjerivier Landbou Unie) en was na die kongres afgevaardig. 
Mnr. Saunderson het nie veel bekendstelling nodig nie. Hy boer al sedert 2004, waar hy ‘n vierde generasie boerdery op Nooitgedacht in die Kenhardt-omgewing, bedryf, naamlik Nooitgedacht Dorperstoet. Charl was eers ‘n finansiële adviseur op Upington (Charl Saunderson Finansiële Adviseurs) en het gedurende 2014 voltyds gaan boer.


As vise-voorsitter is dit sy doel dat RPO Noord-Kaap sal groei in hul komminiasie na hul lede. Meer inligting moet aan hul lede deurgegee word. Die RPO behoort aan hul lede, so kommunikasie moet tweeledig groei - van en na.
Die behoefde van die lede moet eerste gestel word en daar moet ‘n kultuur van luister en doen geskep word.
Mnr Saunderson sê indien daar lede is wat nie kommunikasie van die kantoor in Kimberley ontvang, nie, moet hul kontak maak hom (082 414 6146) of die kantoorbestuurder, Landé Botha by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of 067 597 1866.
Die Rooivleis Produsente Organisasie bevorder ‘n volhoubare en winsgewende rooivleisbedryf in Suid-Afrika.
Die RPO beskerm en bevorder die belange van kommersiële produsente binne die rooivleisbedryf se waardeketting. Die RPO as kollektiewe onderhandelingsorganisasie, verbeter die ekonomiese welstand van sy produsente en fokus op verskillende bedryfsfunksies.