Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-KANONEILAND: Lede van die Kalahari Oumotorklub (KOMK) en hul gesinne het op 22 Junie 2024 met hulle Volkswagen Kewers die internasionale Volkswagen Kewerdag saam gevier met ‘n rit na die Kanoniki padstal by Kanoneiland waar daar lekker saam gekuier is. 
‘n Kort geskiedenis van die VW Kewer of algemeen bekend as die “Beetle” is dat gedurende Mei 1934 het Adolf Hitler, die destydse leier van Nazi Duitsland, tydens ‘n vergadering in Berlyn se Kaiserhof Hotel daarop aangedring dat ‘n goedkoop passasiersmotor vir die volk ontwikkel moet word wat twee volwassenes en drie kinders moet kan vervoer, lugverkoel moet wees met lae loopkoste en lae brandstofverbruik. 


Op 22 Junie 1934, presies 90 jaar gelede, is ‘n span ingenieurs onder leiding van Ferdinand Porsche aan-gestel om so ‘n motor te ontwerp en te ontwikkel. 
Alhoewel daar beplan was om in die laat 1930’s met produksie van die Volkswagen Tipe 1 te begin, het die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog produksie vertraag. Die motor was aanvanklik net as die Volkswagen Tipe 1 bekend en die naam Kewer of “Beetle” is eers in 1968 gegee waar dit so in brosjures en ander publikasies verskyn het.  
Die Volkswagen produksie-aanleg, wat tydens die Tweede Wêreldoorlog deur die Amerikaanse magte oorgeneem was, was bedoel om afgebreek te word en na Brittanje vervoer te word, maar Britse voertuigvervaardigers het nie be-langstelling getoon nie met ‘n amptelike verslag wat die volgende frase bevat het: “The vehicle does not meet the fundamental technical requirement of a motor-car. It is quite unattractive to the average buyer. To build the car commercially would be a completely uneconomic enterprise.” 
‘n Britse weermagoffisier, majoor Ivan Hirst, was aangesê om beheer oor die swaar gebombardeerde fabriek oor te neem. Hy het egter die Britse weermag oortuig om 20 000 motors te bestel.     
Amptelike produksie het op 27 Desember 1945 in Wolfsburg, Duitsland begin met ‘n totaal van 55 motors wat tot die einde van daardie jaar gebou is. Teen Maart 1946 was die produksie-kapasiteit ongeveer 1000 eenhede per maand.
 Op 6 Augustus 1955 was die kerf van een miljoen eenhede bereik.  In die vroeë 1960’s was die Wolfsburg fasiliteit massief met ongeveer 10 000 produksie masjinerie en ‘n werksmag van 43 500 werknemers. 
Op 17 Februarie 1972 is die wêreldrekord vir die produksie van motors deur die Beetle gebreek met net meer as 15 miljoen eenhede wat vervaardig is. Op 19 Januarie 1978 het die laaste Beetle die produksielyn in Europe verlaat, maar die vervaardiging van die Beetle is daarna vir ‘n tyd in Australië, Mexiko en Nigerië voortgesit. 
Die VW Beetle se produksietyd van 65 jaar is die langste van enige enkel-generasie motor en die totale produksie van meer as 21.5 miljoen is die hoogste van enige motor op ‘n enkele platform. 
Hierdie motortjie, met sy oorsprong as ‘n Nazi embleem, het ‘n wêreldwye ikoon en ‘n simbool van vrede geword. Sekerlik sal liefhebbers van hierdie ikoniese motortjie nog vir jare die bestaan van die Kewer vier.