Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-AUGRABIES:  ‘n Voormalige burgemeester en speaker in die ZFM distrik, Gina Cloete, is op 23 Junie na ‘n kort siekbed oorlede.
Gina Cloete, beter bekend as “Auntie G” is op Matjieskloof in die Springbok-distrik gebore. Sy is die oudste van vyf kinders van wyle Gert en Anna Cloete. Sy was ten tye van haar afsterwe werksaam as LED-beampte in die Kai !Garib Munisipaliteit.
“Auntie G” het na voltooiing van haar matriek, verskeie loopbane gevolg. Sy was onder meer ‘n tegnikus vir ‘n Tedelex-fabriek in Atlantis. Sy het later onderwys gegee in Doornbaai, Vredendal en Bergsig in  Springbok.

In die tagtigerjare het sy haar onderwysloopbaan in Namibië voortgesit. In 1990 het sy haar in Noudonsies gevestig waar sy onderwys by Laerskool St Maria Goretti (RK) gegee het. Dit was hier waar haar politieke loopbaan, sy beslag gevind het.
Nadat sy die onderwys verlaat het, het sy by Stabilis Development Company gewerk. In 1998/99 werk sy vir Farm Africa van die Ver-enigde Koningkryk (UK), ‘n liefdadigheids-organisasie wat gehelp het met die ontwikkeling van Riemvasmaak gedurende die hervestigings-jare.
In die jaar 2000 word mej. Cloete verkies tot raadslid van die Kai !Garib Munisipaliteit. Sy word later burgemeester en speaker van die raad. Sy beklee ook leierskapsposisies in die streeks- en provinsiale streek van die ANC.
“Auntie G” het haar beywer vir gemeenskaps-ontwikkeling en die opheffing van haar mense. Sy het veral hard geveg vir die regte van plaaswerkers. Haar nederige, opregte en dinamiese leierskap sal altyd onthou word.