GEMSBOK-SANDTON: Geskiedenis is verlede naweek gemaak toe die Silent Wellness-fees amptelik die Suid-Afrikaanse rekord gebreek het vir die grootste Silent Disco Zumba-fitnessgeleentheid wat nog ooit gehou is.
Die fees, wat in die hart van Sandton plaasgevind het, het meer as ’n honderd deelnemers bymekaar gebring vir ’n kragtige dag van dans, welstand en gemeenskap.
Om die rekord te behaal, moes organiseerders minstens 100 deelnemers hê. Ten spyte van uitdagings is verwagtinge oortref met 111 mense wat aangesluit het, almal met draadlose koptelefone, wat saam beweeg het tot die ritmes van Zumba, dansfiksheid en be- wustheid.
Wat die Silent Wellness-fees uniek gemaak het, was sy holistiese benadering.
Die program het veel meer as net Zumba aangebied en deelnemers op ’n volledige welstandsreis geneem deur kalmerende meditasie, asemhalingsoefeninge en ’n diep strek-sessie, wat liggaam en gees in balans gebring het.
Saam het die instrukteurs ’n fees geskep wat meer as bewe- ging gevier het - dit het verbinding, deursettingsvermoë en gemeenskapsgees geëer.
Vir hooforganiseerder en instrukteur, Michael Julius, was die gebeurtenis die hoogtepunt van ’n droom wat oor ’n dekade gestrek het.
Oorspronklik van Upington, is Micheal Julius sedert 2015 ’n gesertifiseerde Zumba-instrukteur. Deur die jare het hy van klein klaskamers tot grootskaalse byeenkomste gegroei, sonder om ooit sy passie te verloor om mense deur fiksheid te help.
“Hierdie oomblik is al 10 jaar in beplanning,” het Julius ons meegedeel. “Om meer as 100 mense saam te sien beweeg, lag, sweet en inspirasie vind, dit is ’n droom wat waar geword het. En om die eerste Suid-Afrikaner te wees wat hierdie rekord behaal, maak dit selfs meer betekenisvol.”
Silent Disco-fiksheidsgeleenthede groei wêreldwyd, maar dit was die eerste Suid-Afrikaanse poging tot ’n Silent Disco Zumba-rekord en dit staan nou as ’n nasionale prestasie.
Niemand het dit voorheen probeer nie, want die Silent Wellness-fees is nie net histories nie, maar ook baanbrekerswerk vir die plaaslike welstandsbedryf gemaak het.
Met die Suid-Afrikaanse rekord nou behaal, is Julius en sy span reeds besig om die volgende groot mylpaal te beplan: ’n wêreldrekordpoging in 2026. Die doel is om ’n nog groter skare bymekaar te bring en Suid-Afrika as ’n wêreldleier in die welstands- en Silent Disco-fiksheidsbewe- ging te vestig.
Vir navrae, besprekings of om deel te word van die beweging, word lesers aangemoedig om met die Silent Wellness-span te skakel en saam te werk aan die reis na die wêreldrekord in 2026.