Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Die digter en bekroonde jeugverhaalskrywer, Betsie van Niekerk, se nuutste roman, ...so ook op die aarde, word vanaf Donderdag, 16 Januarie om kwart voor elf op RSG se oggendprogram voorgelees. 
Betsie het vir 34 jaar op Upington gewoon waar sy skoolgehou het by Hoërskool Duineveld. Sy woon tans in Malmesbury.
Die Noord-Kapenaar, bekende akteur en storieverteller, Johny Klein  en Lizelle Pike  is die voorlesers.
Luisteraars kan daarna uitsien om in hierdie toeganklike en aangrypende storie die hart van die Kalahari en sy mense raak te hoor -  sy veldplante, sy unieke taalgebruik en onvergeetlike karakters. 


Alhoewel al die karakters in die boek fiktief is, was die inpirasie vir die skryf van die roman, die skrywer se besoeke aan die "woestynkatedraal" op Pella, naby Pofadder. Sy het navorsing gedoen en afgekom op die baie mooi stukkie mikroge-skiedenis van dié Rooms Katolieke sendingstasie. 
"In 'n afgeleë gemeenskap ver in die Kalahari leer ken Leonie, 'n jong Franse non, die aantreklike kaalvoet priester, vader Simon en sy vind uit: Liefde borrel op soos 'n fontein, jy kan dit nie keer nie. Sy leer ken die wyse ouma Pop, oom Herklaas die hoofouderling, die streng ouer Suster Agnes, die geheimsinnige koster, die vreemde hondkind ... En sy leer ken haar eie menswees, hoe dit intens vervleg raak met die wel en weë van hulle, wat moet oorleef in 'n barre woestynwêreld.