Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-KAKAMAS: Kakamiete moes die afgelope paar jaar baie klippe versit om ‘n vullishoop by die ingang van die dorp, in ‘n spog-rotstuin te omskep.
Ten spyte van vele versoeke vanaf die gemeenskap en later die Kakamas Belangegroep aan die Kai Garib Munisipaliteit en selfs die gesondheidsinspekteur om sedert 2017 iets aan die vullishoop by die ingang van die dorp te doen, moes inwoners maar self die klip aan die rol sit om die estetiese integriteit van die dorp te red.
Die belangegroep het hulle na die destydse waarnemende munisipale bestuurder, mnr  André Phete, gewend  en toestemming gevra om die munisipale tuin te omskep en mooi te maak.


Gewapen met die toestemming van die munisipaliteit, ‘n getekende plan en ‘n diep gewortelde trots in hul dorp, het die belangegroep, inwoners, organisasies en ander rolspelers in Mei 2023 begin om bloed uit ‘n klip te tap en ‘n rotstuin van ‘n vullishoop te omskep.
Soos een man het Kakamiete uit verskillende oorde begin saamspan om die terrein skoon te maak en later te omskep in ‘n fees vir die oog - wat toeriste van oral oor begroet wanneer hulle die skilderagtige dorpie besoek.
Dooie bome is verwyder, water is aangelê, die waterwiel se replika is reggemaak en die 60m by 75m tuin is bedek met rotse en kristalle uit die omgewing.  Selfs die plaalike munisipaliteit het gehelp met die nodige toerusting om van die dooie bome ontslae te raak.
 Alle veiligheidsmaatreëls was gevolg en werkers het voor die tyd opleiding ontvang. Die werkers, was almal vrywilligers van plase en besighede in die omgewing.
“Hulle het almal al voorheen met kettingsae gewerk en is die room van ons plase en besighede.” vertel Marie Nel van die Kakamas Belangegroep.
Mense vanuit die omgewing het met bakkie-vragte aalwyn en vetplante opgedaag.
Daarna is plante geplant - met ‘n voetpaadjie wat tussen die twee-kleur ‘klipakkers’ deur loop.
Kakamas spog vandag met ‘n waterslim pragtige rooskwarts, roois-jaspis, doloriet rots-tuin en selfs ‘n miniatuur replika van die dorp se historiese waterwiel.
“Hierdie tuin behoort aan elke inwoner van Kakamas. Dit sou nie moontlik gewees het as Kakamiete vanuit alle oorde nie hande gevat het en deur finansiële bydrae, tyd en arbeid, saamgewerk het om trots in die dorp te herstel nie,” sê Marie.
Marie sê almal is welkom om die tuin te geniet. 
“Ons hoop ook dat elkeen wat die tuin besoek, sommer ‘n sak vullis sal optel - om te verseker dat die trots van Kakamas nie weer in ‘n vullishoop sal verander nie.”